MyMemory, World's Largest Translation Memory
Click to expand

Language pair: Click to swap content  Subject   
Ask Google

You searched for: aanleg toets ( Afrikaans - English )

    [ Turn off colors ]

Human contributions

From professional translators, enterprises, web pages and freely available translation repositories.

Add a translation

Afrikaans

English

Info

aanleg Toets

aanleg toets

Last Update: 2014-11-13
Subject: General
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference: Anonymous

Hierdie is 'n toets

Tswana language

Last Update: 2014-09-13
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference:

EIENDOM,AANLEG EN TOERUSTING

non current assets

Last Update: 2015-03-06
Subject: General
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference:

Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;
Psalms 139.23

Search me, O God, and know my heart: try me, and know my thoughts:
Psalms 139.23

Last Update: 2012-05-06
Subject: Religion
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference: Bible

Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.
Psalms 11.5

The LORD trieth the righteous: but the wicked and him that loveth violence his soul hateth.
Psalms 11.5

Last Update: 2012-05-06
Subject: Religion
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference: Bible

Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar die HERE toets die harte.
Proverbs 17.3

The fining pot is for silver, and the furnace for gold: but the LORD trieth the hearts.
Proverbs 17.3

Last Update: 2012-05-06
Subject: Religion
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference: Bible

Elke weg van 'n mens is reg in sy oë, maar die HERE toets die harte.
Proverbs 21.2

Every way of a man is right in his own eyes: but the LORD pondereth the hearts.
Proverbs 21.2

Last Update: 2012-05-06
Subject: Religion
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference: Bible

Want Hy weet hoe my wandel is; as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.
Job 23.10

But he knoweth the way that I take: when he hath tried me, I shall come forth as gold.
Job 23.10

Last Update: 2012-05-06
Subject: Religion
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference: Bible

Ek het jou onder my volk as toetser gestel, as vesting, dat jy hulle weg kan ken en toets.
Jeremiah 6.27

I have set thee for a tower and a fortress among my people, that thou mayest know and try their way.
Jeremiah 6.27

Last Update: 2012-05-06
Subject: Religion
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference: Bible

Al die weë van 'n man is suiwer in sy oë, maar die HERE toets die geeste.
Proverbs 16.2

All the ways of a man are clean in his own eyes; but the LORD weigheth the spirits.
Proverbs 16.2

Last Update: 2012-05-06
Subject: Religion
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference: Bible

Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
James 1.12

Blessed is the man that endureth temptation: for when he is tried, he shall receive the crown of life, which the Lord hath promised to them that love him.
James 1.12

Last Update: 2012-05-06
Subject: Religion
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference: Bible

Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.
Jeremiah 17.10

I the LORD search the heart, I try the reins, even to give every man according to his ways, and according to the fruit of his doings.
Jeremiah 17.10

Last Update: 2012-05-06
Subject: Religion
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference: Bible

Maar U, o HERE, ken my; U sien my en toets my hart by U. Ruk hulle weg soos slagskape, en heilig hulle vir die dag van slagting.
Jeremiah 12.3

But thou, O LORD, knowest me: thou hast seen me, and tried mine heart toward thee: pull them out like sheep for the slaughter, and prepare them for the day of slaughter.
Jeremiah 12.3

Last Update: 2012-05-06
Subject: Religion
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference: Bible

Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.
Psalms 11.4

The LORD is in his holy temple, the LORD's throne is in heaven: his eyes behold, his eyelids try, the children of men.
Psalms 11.4

Last Update: 2012-05-06
Subject: Religion
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference: Bible

Maar, o HERE van die leërskare, regverdige Regter, wat niere en hart toets, laat my u wraak op hulle sien, want aan U het ek my regsaak toevertrou.
Jeremiah 11.20

But, O LORD of hosts, that judgest righteously, that triest the reins and the heart, let me see thy vengeance on them: for unto thee have I revealed my cause.
Jeremiah 11.20

Last Update: 2012-05-06
Subject: Religion
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference: Bible

Piet Wessie se altyd vir hom is daar iets aan stories oor bejaarde mense wat hom laat dink aan laatagtermiddag. Jy lag oor jy bly is dis darem nog nie aand nie. Vir bejaarde mense, ja, nie vir sy oupa nie. Die dag toe Oupa tagtig geword het op die plaas onder die ou akkerbome (met 'n paartie waarvoor hy self die VLV se vrouens gehuur het, het Matthys, Piet se pa, gesê hy weet nie hoekom neuk die mense so met tagtig jaar oud nie, in hulle familie probeer almal nog om sy pa groot te kry. “Hier by ons op die plaas wou Pa mos nie bly nie. Hy lewe darem ook nog, het hy gesê. Nou praat ek uit die huis uit en hy sal seker stry, maar dis die reine waarheid. Pa het die Sondag na kerk van die dorp af uitgekom hier na ons toe. Maar daardie middag toe pak die ongeduldigheid hom en toe ek weer sien, is hy uitgevat en blink gevryf vir gaan kuier. Die volgende oggend vroeg toe ek oppad is veepos toe, halfvyf, toe dog ek wie kom kuier dan hierdie tyd van die oggend? Want toe kom daar bo van die teerpad af darem 'n bekende motor met die deurpad in. En haastig! Dog seker hy kon inkom voor die huismense opstaan ... “ “Dog g'n niks, Thys,” sê Oupa bedaard. “Dit was twee-uur. Ek is eenuur op Calitzdorp weg. G'n mens kan slaap by daardie kerkklok nie. Hy lawaai elke kwartier. Toe ry ek maar." Ja, en toe bloos daardie weduwee met die netjiese bolla wat langs hom sit bloedrooi, maar sy sê kliphard: “Dis waar, ek het op my horlosie gekyk toe ek hom hoor opstaan in die vryka¬mer!” Ramkat dog die kuiermense, en jy kan aan hulle gesigte sien hulle dink: Ramkat, daardie oumatjie is Oupa se toom. Sy gaan vir hom mak maak. Nee, getroud is hulle toe nie - die aanval wat sy gehad het, was skielik en onverwags. Sy is uit die klipkerk met die onordentlike horlosie uit begrawe. Oupa was skoon van stryk, dit het 'n hele maand geduur voor hy weer die punt van sy wenkbrou sit en draai het soos 'n snor. Dit was toe Piet hom tromp-op uitvra na die stories oor die ander weduwee daar in die tehuis. “Baie, baie stigtelik,” het hy eerbiedig berig en rondgekyk dat niemand hom moet hoor nie voor hy byvoeg: “Maar Woensdagaande na biduur gaan speel die matrone mos klawerjas by ou Netta-hulle ...” Ses maande na die weduwee se dood het Oupa gaan kuier by Piet se enigste suster, Trudie; sy woon in Somerset-Wes in een van daardie groot huise wat net ryk mense kan bekostig. Trudie is getroud, haar man is 'n bietjie ouer as sy. Hy't eers met perde geboer by Robertson, van die soort wat later in die reisiese hardloop. Hulle is laat getroud, want sy was lank 'n toegewyde suster in die hospitaal op Montagu. Doon - dit was haar man se naam - Doon en Oupa was karperde, al was Oupa 'n bietjie ouer. Die kuiery was taks een maal per jaar se afspraak. Nie een van hulle was 'n werfhond van 'n mansmens nie. Die een dag gaan kyk hulle kamma na 'n klein plasie wat op Tulbagh in die mark is, die ander dag gaan hulle na 'n veeveiling toe op Ceres. Dan weer het 'n vroeëre vennoot van Doon gesê hulle moet 'n bietjie die nuwe wyn kom proe by die kelder tussen Worcester en Rawsonville. Maar die oggend van die hele kommosie was Trudie gelukkig saam met hulle. Hulle het gaan rekeninge betaal in Somerset. Oupa had 'n ligte kopseertjie met die opstaan. Sy het vir hom voor ontbyt al 'n poeiertjie gegee. Kopseer toe weg, hulle af dorp toe. Van die munisipali¬teit na die poskantoor toe en van die poskantoor na die garage toe en daarvandaan tandarts toe, en so het dit die heIe oggend gegaan. Trap-op, steeg-af, straat-oor. Gelukkig was dit 'n lekker koel dag, die seewindjie het van Gordonsbaai se kant af in die hoofstraat afgestoot. 'n Mens kon die seewier ruik en jou verbeel jy hoor die branders. Etenstyd toe besluit Doon: kyk, dis tyd vir gaan eet, en dis boonop net die regte dag vir Oupa se mixed grill. Dis tog maar 'n genade dat dit Oupa gespaar gebly het dat hy ooit in sy lewe moes kies tussen 'n vroumens en 'n mixed grill. Twee stukke tjops en boerewors wat (sê Trudie) die eienaar glo saambring van Ashton af, sy ma woon nog daar, hy gaan kuier gereeld as die wors min raak. Trudie moes solank gaan bestel. Hulle twee het nog net 'n draaitjie gehad om te loop. Doon knik vir sy vrou en hy vat Oupa aan die arm om hom oor die straat te help. Die arme man het op Somerset nooit in 'n kroeg gekom nie, maar hy ken mos vir Oupa en hy ken ons dorpsge¬woontes. 'n Doppie of twee later toe soek hulle waar sit Trudie met die drie mixed grills in daardie restaurant met die damastafeldoeke en die blink eetgoed en die waaiers teen die dak. Teen die muur is 'n wingerd en 'n berg geskilder wat dit maak Iyk asof jy na daardie kant toe ook kan uitkyk. “Oupa, sit Oupa in die hoek, dan kan Oupa mooi sien, hier kom partymaal ryk vrouens ook ...” spot Trudie nog en sy skuif die bord kos 'n bietjie weg dat Oupa kan inskuif sonder dat sy baadjiepante in die sous hang. Of dit die lopery was en of iets in die oggend se hoofpynpoeiertjie nie geakkordeer het met die doppie brandewyn nie, dit sal niemand ooit weet nie. Oupa het sy servet netjies oor sy onderbaadjie gehaak. Toe hy die eerste tjoppie sny, het hy nog gesê: “Aitsa, nogal nie min nie!” Maar net toe hy die eerste happie in sy mond steek, toe skuif hy só saggies van die stoel af dat Trudie, wat weggekyk het, vra: “Waar's Oupa nou?” Toe Iê Oupa al op die vloer. 'n Matrone skrik nie maklik vir 'n floutetjie nie, maar dit moet die manier gewees het waarop Oupa Iê wat Trudie laat skrik het. Gelukkig maar, net toe Doon die tafel wegskuif, toe staan 'n ander verpleegster langs hom wat hulp in sulke tye van nood goed geken het. Dis sy wat toe haastig alles wat sy weet, probeer: druk en voel en pomp op sy bors en kyk op die horlosietjie wat voor haar bors vasgegespe was. Tot sy later opkyk en vir Doon sê: “Miskien moet jy die eienaar gaan roep. Ons het Oupa verloor.” Hulle met Oupa daar uit na die kelners se ruskamertjie toe net langs die kombuis. Om die ander restaurantmense nou nie te veel te ontstel nie. “Hart,” het die verpleegster gesê en Trudie aan die skouer gevat. “Toe maar, ek het 'n selfoon, ek sal die ambulans bel.” Die ambulans is met Oupa weg by 'n sy-ingang uit. Trudie sê hulle was so verslae, sy en Doon het net vir mekaar staan en kyk tot Doon sê hy gaan gou die motor haal - hy het in 'n systraat geparkeer - dat Oupa maar in die kar kan gaan sit, sê hy nog uit gewoonte. Behalwe 'n kelnertjie wat die mixed grills wou gaan warm hou, was dit met die eetgoed net Trudie wat kopgehou het. Trudie was nie verniet 'n matrone nie. Maar sy was ontsteld. Sy moes vir haar pa-hulle laat weet, en vir Piet, en wie nog almal? Haar kop was vol reëlings, dis dié, dink ek, dat sy nie vir die kelnertjie gevra het hulle moet die kos vir haar in 'n bakkie gaan inpak nie. As 'n mens skielik so deur die wind is, dan val 'n mens terug in die gewoontes van die wêreld wat jy geken het as kind. Sy't vir die mannetjie beduie, nee toe maar ... en toe haar beursie uithaal om te betaal, dog sy nee, maar al die vleis kan 'n mens darem ook nie los nie, dis 'n skade. Sy draai 'n stukkie vleis en 'n worsie in 'n wit servet toe en sit dit in haar inkopiesak. As Oupa nie self die storie vertel het van wat toe gebeur nie, het ek ook gedink dis ‘n lieg. Bo in die hoofstraat van Somerset was padwerkers besig om gate in die straat op te vul dat dit weer geteer kon word. Daar was 'n paar lelike knikke, jy kon jou kar seermaak. Maar 'n ambulans is mos nou nie 'n kar nie en ambulansmanne is haastige manne. Dit moet met 'n allemintige gestamp gewees het dat hulle by die padwerke oor die slote en die walle gejaag het, die huilhoeter en die lig was aan. Van die gehop en gestamp het Oupa agter in die ambulans só op en af gewip dat sy hart weer aan die loop geraak het. Hy't vir my vir die waarheid vertel hoe hy al regop gesit het toe hy hoor hulle hou iewers stil. Hy het nog oor die gordyntjie by die venster probeer uitkyk toe die ambulansmannetjie die dubbeldeur agter oopmaak. Oupa vertel, hy sê: “Hy kyk nogal oor sy skouer terug. En ek hoor hy sê vir die ander outjie: ‘Kom help vat net gou, jy's nie al wat Ius het vir rook nie ...’ toe kyk hy weer voor hom in die ambulans in en in my gesig vas. “Jy sal my nie glo nie, maar ek moes óór hom klim om uit te kom,” sê Oupa, “want hy Iê toe flou geskrik agter in die ambulans en daar is niemand om my te help nie. Die bestuurderman¬netjie het my net een kyk gegee en sy mond het oopgegaan, maar hy was aan die hol voor hy 'n woord kon uitkry.” Daar is nie 'n toets wat die dokters in daardie hospitaal daardie agtermiddag nie op Oupa uitgevoer het nie. Hulle knie vir hom soos brooddeeg en hy dog hulle tap hom dolleeg. Maar niks. Daar was met hom minder verkeerd as niks. Vieruur die agtermiddag toe vra hulle vir hom wat is Doon en Trudie se telefoonnommer. Oupa sê hy sit by die dokter in die spreekkamer toe die man vir Trudie sê: “Mevrou, ek bel om te sê u moet asseblief u oupa kom haal ...” Trudie nog ewe: “Dokter, Pa-hulle bring sy kis saam wat in die waenhuis gestaan het. Hulle is seker al met die bakkie daar weg.” En die dokter wat sê: “Mevrou, ek weet nie hoe om dit vir jou te sê nie, maar jou oupa is nie dood soos ons gedink het nie, hier oorkant die tafel sit hy. Hy makeer niks.” Toe is daar aan die ander kant net 'n lang stilte voor hy Trudie vir Doon hoor sê: “Vat jy gou die telefoon en luister wat die man wil sê, hy maak of hy 'n dokter is.” Wat hom van daardie middag die langste sal bybly, sê Oupa, is hoe hulle in Doon se motor sit en Trudie vra: “Doon, wat is dit wat so gor?” Oupa sê hy luister ook nogal. Die motor se enjin loop doeksag, maar hulle hoor almal die gegor. Dis toe hy terugsit teen die kussing dat hy en Trudie gelyk agterkom dis sy maag wat so ravot. Haar inkopiesak het langs hom agter op die sitplek gelê. “Haal uit, Oupa. Vat. Eet.” “Die mense wil almal weet van die ruk wat ek dood was. Ek sê altyd,” sê Oupa en hy draai sy wenkbrou se punt, “van die dood weet ek niks. Ek weet net hoe lekker daardie skaapvleis was waaraan ek die oggend gesterwe het!”

the story of Peter's grandfather

Last Update: 2015-06-08
Subject: General
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference:
Warning: Contains invisible HTML formatting

Thomas Deacon Posbus 27718 GREENACRES 6000 Sel: 073 034 0327 jimdesp@gmail.com ROOIGROND ‘N ROMAN AANTAL WOORDE: 52585 INHOUD Voorwoord Kleintyd Ngaka Mokgotsi (Die dokter) Ngaka Mokgotsi (Die leermeester) Molaodi (Die toordokter) Swartslang Grootmoeder Mama Mookodi se dood Swaarkry Die vlies Mama se medisyne Stoutstreke Ranktyd Donkerskool Ngaka Mokgotsi se dood Aubuti se wet (Ouboetie) Die padwyser Roosfontein Gauteng (Johannesburg) Alweer Aubuti! Kudumane (Kuruman) Oompie Lekau vertel (1) Oompie Lekau vertel (2) Voorwoord Ek en Bohatô Mokgotsi het by die aandvuurtjie gesit. Dit was koud en die woorde tussen ons was min. Hy het gesug en na die springende vonkies bokant die vlamme gestaar. Daar het trane oor sy wange gebiggel en in die sand voor hom neergeplof. Toe het 'n insek van die nag nadergedraf en homself ingewurm in dié welkome nattigheid. Ek wat Seaduma Lekau is het daar gesit; gekyk en gekyk, totdat die diertjie uitgekruip het en weggeskarrel het oor die sand. Ek het gevra: "Wat se gedagte is dit wat die fontein van jou oëgate oopmaak, Bohatô?" "Dis Mama Mookodi, my oompie. Ek wéét sy wag vir my aan die anderkant. Ek verlang, en ook om Grootmoeder weer te sien. Die laaste keer toe ek haar gesien het, het sy gesê: 'Jy sal mooi moet groet, want ek het 'n sak vol pyne met 'n dun velletjie rondom geword. Elke dag gryp die dood my hand...'" Toe het hy stilgebly, net gekyk hoedat die vonkies hulle skietgebed boëntoe opstuur. "Wat nóg?" wou ek weet. "Jy hoef nie bang te wees om jou hart vir oompie oop te maak nie. Oompie sal verstáán..." "En my hart verlang om Kukusi weer te sien," het hy gesê, "sy wat met die binnekant van my hart kon praat; sy wat gesê het: 'Voordat die nuwe jaar verby is, moet ek Bohatô Mokgotsi se kleinstetjie abba. 'Nou wonder ek of sy al ábba, my oompie. Sy wat weggegaan het om haar tata te begrawe..." Toe het Bohatô gehoes en die rookpypie het uit sy hand geval. Ek wou help, maar hy het gekeer: "Dis swartslang, my oompie ... Toe ek vanaand in die vlamme gesit en staar het, het ek onthou wat Grootmoeder vir my gesê het, lank gelede, toe ek nog 'n pikkanien was. Sy het gesê: 'Jy moet oppas, Swartslang is nie klaar met jou nie. Toe jy hom doodgemaak het, het die waters by die rivier geróér...'" "Jy moet vashou aan die lewe, Bohatô," het ek gesê, "want ek en tant Komiki het jou nodig. Jy sorg goed vir ons. Vergeet van swartslang; hy het net 'n gedagte geword ... niks meer nie..." Kleintyd Bohatô Mokgotsi sit in die skaduwee van die takskerm en kyk hoedat Mama Mookodi die potklei met albei haar hande vasvat; hoedat sy dit brei, totdat dit deegtaai in haar handpalms lê. Sy klik met die tong. "Hierdie klei is rég," sê sy, "net soos wat grootmoeder Letsopa my geleer het." "Waar het sy die naam van Letsopa gekry, Mama?" "Omdat sy 'n vrou van die klei was. Dis sy wat vir my geleer het om 'n kleipot só te maak dat die vrouens nie anders kan as om te koop nie. Hulle kyk die pot van alle kante en sê: 'Dis 'n mooi een hierdie; hy's stérk, hy sal die water hóú. As ons al witbeen in die grafte lê, sal die jongmeisies steeds water gaan haal daarmee.' "Maar jy wat Bohato is het nie vir Grootmoeder geken nie. Lank voor jou geboorte was die kluite op haar graf al stofgetrap deur die beeste wat verbygestap het watergate toe." Toe vra Bohatô weer: "Hoekom is ons mense so lief vir die rooibees, Mama? Elke keer as daar 'n bont kalfie aankom, raas Tata en sê: 'Nee! Dis nie Janbloed se kalf nie! Hoekom is sy lyf so bont?' Of: 'Wat se miswerk het daardie bulletjie van my nou weer aangevang? Hoekom is daar so baie bontetjies? Ek sal 'n ander bul tussen die koeie moet instuur!'" "Jy’s tog te nuuskierig," sê mama Mookodi. "Maar ek sal vertel: Lank, lank gelede, nog voordat daar lewe was, het die Skepper op die aarde afgekyk en gesê: 'Wat gaan daar onder aan? Daar is bome, gras en water. Daar is álles, maar geen lewe nie!' Toe het Hy op sy hande geblaas; Hy het rooiklei gevat en 'n dier gemaak. Toe het Hy twee dorings van 'n boomtak afgebreek en hulle so 'n bietjie verbuig. Toe het Hy hulle bokant die dier se kop vasgemaak. Hy het daardie dier van alle kante bekyk, toe blaas Hy in sy neusgate en vra: 'Wat sal Ek jou noem? Kyk hoe rooi is jy. Kyk hoe pronk die horings bokant jou kop. Kyk hoe koeskop stap jy watergat toe!' "Vir dae lank het die Skepper diep gedink, toe sê Hy: 'Omdat ek jou uit die klei van die aarde gemaak het, sal jy dieselfde naam dra, jy sal Rooibees genoem word. Ek sal vir jou 'n maatjie maak. Wees vrugbaar; laat die aarde vól word van julle.' "Toe het die Skepper al die ander diere ook gemaak, maar vir die rooies het hy gesê: 'Sorg dat julle nie naby die bontes kom nie, want dis nie julle soort nie. ‘Maar die rooies wou nie luister nie en het onder mekaar begin speel. Een-twee-drié, toe was daar meer bontes as rooies. "Dis toe dat die Skepper die mens maak. Hy sê vir die mens: 'Jy het die ongehoorsaamheid van die rooies gesien, nou gee ek hulle vir jou om op te pas. Maak net seker dat hulle nie onder die bontetjies speel nie, want dan is dit klaarpraat met hulle!' "Nou weet jy hoekom ons mense so vashou aan die rooibees. Dis omdat hulle eerste uit die klei van die aarde opgestaan het. Dis omdat die Skepper ons as wagter oor hulle aangestel het. Dis omdat hulle vir ons op die ploegland werk en vir ons melk en vleis gee. As ons hulle met die paadjie sien afstap watergat toe, práát hulle lywe met ons. Dit vertel vir ons van die rooiklei waaruit die lewe gebore is. Dit sê vir ons: jy wat mens is sal terúg. As die lewe klaar met jou baklei het, sal jou lyf ingespit word in die aarde; Jy sal weer rooigrond word." "Hoekom..." "Wag!" keer mama Mookodi, "jy vra té veel dinge op een slag. As jy eers in die skool is, sal meester vir jou antwoorde hê op al die dinge wat jy wil weet." "Daar's nog 'n ding wat ek wil weet, Mama..." "Wat is dit? Net één vraag, dan moet jy water gaan haal." "Hoekom het Mama nog nie vir my skoolklere gekoop nie. ‘Nie meer lank nie,’ het Meester gesê, dan begin die skool." "As 'n seuntjie klere dra, lyk hy soos 'n spook," sê mama Mookodi, "amper soos die gedaante wat tata Ngaka by oompie Papagae se graf sien sit het." Mama Mookodi sien die skrik in sy oë en begin weer aan die klei in haar hande te brei. "Daar is niks mooier as 'n seuntjie met 'n stertriem nie," sê sy, "maar dan moet dit van régte vel gemaak wees, nie daardie aanmekaargewerkte lappe wat vandag se mamas vir hulle seuntjies maak nie. "En jy wat Bohatô Mokgotsi is lyk tog so mooi as jy 'n stertriem aan het. Dis omdat tata Ngaka dit van regte vel gemaak het. Eers as jy skool toe gaan, mag jy skoolklere kry, anders lag die kinders vir jou. Hulle sal sê: 'Kyk daardie seuntjie met die stertriem! Kom ons terg hom so 'n bietjie!'" So loop Bohatô met die stertriem aan sy lyf en so kerm hy by mama Mookodi, totdat sy eendag sê: "Môre gaan ons dorp toe om vir jou klere te koop. Maar jy sal nie skoene kry nie, want 'n seun se voetsole moet hárd wees." "Hard soos Boraki s'n," wil hy weet. "Nog harder," sê Mama Mookodi, "en skurwer as daardie hond van jou se pote." "Kan Boraki saamdraf?" "Nee, netnou verdwaal hy. Hy’t mos die gewoonte van 'n straatbrak, draf al agter vreemde mense aan, maak nie saak hoe kwaai hulle vir hom lyk nie!" "Ek sal hom aan 'n riempie vasmaak, Mama" "Nee, hy moet die hoenders van die werf af weghou, anders skrop hulle die groentetuin deurmekaar!" o o 0 o o Mama Mookodi koop vir hom 'n hemp en 'n broek en 'n onderbroek by die jood se winkel op die dorp. Toe sy klaar gekoop het, haal die jood 'n hand vol lekkers uit 'n bottel wat op die toonbank staan. Hy vat aan sy krom neus en vra: "Sweets for you, little one?' Bohatô verstaan nie wat die jood sê nie. Mama Mookodi klik met die tong. "Die man praat Engels," sê sy, "maar jy sal dit eers verstaan as jy vér geleer het in die skool. Is jy nie dankbaar nie? Sê dankie vir die jood!" "Ke a leboha, mojode," sê Bohatô. Die jood lag. "You will enjoy going to school. But you will have to study hard. You must make your mother proud. You must study, little one!" Hy lag so rof dat sy maag op en af skud soos 'n velsak vol water. Toe vryf hy weer aan sy neus, maar voordat hy kans kry om verder te praat, vat mama Mokodi Bohatô se hand. "Ke a leboha, mojode. Hierdie kind se klere moet nog gewas en gestryk word. Hy moet rég wees as die skool begin. Ngaka Mokgotsi se seuntjie mag nie met 'n stertriem aan op die skoolbanke sit nie" Daardie aand sit hulle by die vuur, Bohatô, mama Mookodi en Ngaka Mokgotsi. Aubutie Lerotho en ausi Mokorwane is ook daar. "Ek sien jy het skoolklere vir Bohatô gekoop," sê Ngaka Mokgotsi, "maar al die jare moes sy aubuti tevrede wees met net 'n stertriem aan die lyf! Wat maak hierdie seuntjie van jou belangriker as sy aubuti?" "Die kinders by die skool sal hom spot," sê mama Mookodi. "Soos wat sy aubuti gespot is? Al die gespot het 'n man van hom gemaak!" sê tata Ngaka. "Kyk hoe fluks werk hy saam met my op die ploegland. Hy't beeste en bokke vir homself bymekaar gemaak! Die spot en lag was níks! Gister se winde het dit lankal toegewaai!" "Lapklere maak 'n seuntjie se lyf sag," sê aubuti Lerotho. "En as sy lyf eers sag is, sal die swaarkry van die lewe op hom toesak. Dan word hy soos 'n ou man wat heeldag voor die huis sit en rook en praatjies maak." "Dis waar," sê ausi Mokorwane. "Hierdie seuntjie van Ngaka Mokgotsi is bederf. Toe ek en Lerotho skool toe gedraf het, het ons nie sulke goed soos skoolklere geken nie. Ons moes tevrede wees met wat mama Mookodi aan ons lywe gehang het!" "Dinge het verander," sê mama Mookodi. "Toe júlle vir die eerste keer skool toe gegaan het, was die mense tevrede met wat hulle gehad het, solank daar net 'n stuk lap om die lyf gehang het. Maar vandag se lewe is soos Janfiskaal. Eers as hy jou gevang het is hy tevrede, dan hang hy jou aan die naaste doringtak op en die mense sê: 'Kyk daardie een! Hy het nie vir Fiskaal sien kom nie, nou hang hy pens en pootjies aan 'n tak!' Hulle skud met die koppe en klik met die tonge: 'Ons wil nie so hang nie. Kyk hoe hang hy daar...' Mama Mookodi tel vir kleinsus Pikôkô van die misvloer af op. "Die kind sit en slaap wragtag met haar kop in die warm as! Dit het slaaptyd geword" Bohatô stap saam met sy mama. Vir oulaas hoor hy nog hoedat aubuti Lerotho sê: "Daardie seuntjie het die wensbeentjie van sy mama geword, hy sal 'n ou man wees, dan gryp hy nog aan haar rokspante vas." o o o 0 o o o Soggens, nog voordat die son sy flikkers oor die aarde gooi, moet Bohatô saam met die ander kinders skool toe stap. Dan loer mama Mookodi deur die venster. "Moenie jou klere bemors nie," raas sy agterna. "As jy in die stof rondrol of jou klere skeur, word daar nie weer gekoop nie. Dan sal jy tevrede moet wees met 'n stertriem aan die lyf!" Bohatô weet dat die kinders vir hom sal lag en spot; daarom speel hy nie rof en hy klouter ook nie deur die doringdraad soos hulle nie. "Hoekom speel jy nie rof soos ons nie?" wil die seuns weet. "En hoekom klouter jy nie deur die draad nie? Kyk hoe rol ons soos donkies in die stof. Moenie bang wees nie; ons sal nie vir jou mama vertel nie. Kyk hoe wittand staan die meisiekinders vir jou en lag. Hulle dink daar is iets verkeerd met jou lyf..." Maar Bohatô sê: "Nee, as my klere stukkend is, sal mama Mookodi nie nuwes koop nie, dan moet ek met 'n stertriem aan die lyf skool toe. Hoe sal julle dán vir my lag! En as die meisiekinders my sien, sal hulle éérs lag! Maar die ergste van alles sal wees as meester my met daai dun latjie raps! As ek by die huis kom, sal mama Mookodi vra: 'Was jy stout by die skool? Hoekom is jou boude so bont?' En as Ngaka Mokgotsi die ploegland se modder van sy voete afskud, sal mama Mookodi sê: 'Hierdie seun het moeilikheid gemaak by die skool!' "Tata Ngaka sal my sóóó staan en bekyk; sy oë sal begin rol in hulle kaste. 'Dis tyd dat jy kortgevat word!' sal hy sê. Miskien was dit nie 'n goeie ding om hom skool toe te stuur nie! Daardie plek is besig om ‘n luiaard van hom te maak!' o o o O o o o Smiddae sit en wag Boraki op die werf en as hy vir Bohatô sién aankom, maak hy of hy hard aan die werk is met die hoenders. Hy jaag hulle heen en weer, totdat hulle op die oorhangtakke van die peperboom skuiling soek, dan kom hy reguit na Bohatô toe aangedraf. Met sy tong lek hy sy bene, en as Bohatô afbuk om hom te streel, lek hy sy arms en gesig ook. Dan vra Bohatô: "Het die hond hard gewerk? Kyk hoe moeg is hy! Die mense maak nie mooi met hom nie; hierdie hond van my het vandag nog nie 'n stukkie vleis gekry nie!" "Kyk hoe rond is sy pens," sê mama Mookodi. "Vreet, dis al wat hy doen!" Maar as daar kos gemaak word, vreet hy wat Boraki is lekker saam. "Hierdie brak lewe net so lekker soos jy," raas mama Mookodi. "Hy word gruwelik bederf!" As Bohatô klaar geëet het, trek hy sy skoolklere uit en sit sy stertriem aan. Dan moet hy die diere in die veld gaan oppas. Dis vir hom lekker as die son oor sy kaal lyf spoel en dan wens hy dat dit nie nodig is om Mojode se klere skool toe aan te trek nie. Skoolklere is net in jou pad as jy die lekker dinge van die lewe wil geniet, want jy word gedurig gewaarsku dat dit vuil sal word. 'n Stertriem maak al die plekke toe wat nie gesien mag word nie, maar jou lyf bly óóp sodat die wind en die son jou kan lek soos 'n hond wat sy baas spoegtong groet as hy terugkom van ver paaie af. As Bohatô en Boraki in die veld agter die diere rondspeel, vergeet hy van skoolgaan en dink hy nie aan meester se latjie nie. Maar môre, as hy weer pak gekry het, is hy dankbaar vir die winkelbroek wat sy boude so mooi toemaak. o o o 0 o o o Meester leer hulle sokker speel, maar hulle tone word seer van die skoppery. Dan rus hulle 'n bietjie, maar elke keer as hulle skop, is die seer erger. Die seuns word ook gewys hoe om die bal met hulle koppe te laat hop. Ander kere laat hop hulle hom met die kniekoppe. Later begin hulle spanne maak wat teen mekaar speel, maar hulle voete blý seer... Toe mama Mookodi sien hoe stukkend haar seuntjie se tone is, sê sy: "Dit lyk asof jy deur 'n klomp ganse toegetakel is. Sulke tone het ek laas gesien toe ek nog ‘n dogtertjie was. Toe was dit 'n klomp ganse wat vir kleinboetie Kotikoti aan die tone beetgekry het." Daardie aand tel mama Mookodi die geld wat sy in 'n trommeltjie onder die bed bêre. Bohatô hoor hoedat tata Ngaka vra: "Pla die geld jou? Sit dit weg sodat ons kan slaap." "Ek tel maar net," hoor hy sy mama sê. "Miskien het iemand skelmpies van my geld gesteel..." o o o O o o o Die volgende dag sê mama Mookodi: "Vandag gaan jy saam met my dorp toe. “Roer jou litte; gaan was jou voete by die kraal. Ek sal nuwe pleisters op jou tone moet plak. En onthou: Boraki gaan nie saam nie!" "Hoekom gaan ons dorp toe?" Om vir jou ordentlike tokse koop. Julle seuns raak glad te rof as julle sokker speel." Toe Bohatô van die krip af terugkom, plak mama Mookodi nuwe pleisters op sy tone. "Nou is die seer mooi toegemaak," sê sy. "Ons sal ons lywe moet roer, want Mojode se winkel is ver." Mojode vryf oor sy neus toe mama Mookodi die geld vir hom aftel. "Very nice shoes," sê hy. "The other children will be jealous.. You want to fit it, little one?" "Dit sal pas," sê mama Mookodi, my seun sal hulle gou met die spelery uittrap. Leerskoene vir hom ook, mojode.” “Very nice shoes,” sê Mojode en haal ‘n boks van die rak af. “Hier, laat jou seuntjie dit fit. Die size sal reg wees.” Bohatô lag wittand. “Die ander kinders sal …" “Nie vir die skool bedoel nie,” sê Mama Mookodi. “Net vir kerk toe gaan. In daardie plek moet jy ordentlik lyk, want daar sien Modimo jou van kopnaat tot hakskeen raak. Daar moet jy fyn trap, anders klap die kluite op jou kis!" oooOooo Maandag bind mama Mookodi die tokse in 'n slopie toe. "Jy moet versigtig wees," sê sy, "hierdie tokse mag nie iets oorkom nie. Maak seker dat die seuns dit nie verniel nie. Meester sal vir jou wys hoe om die lyntjies in te ryg." "Wat roer in daai slopie?" wil die seuns weet. "Wys vir ons …." "Ek mag nie,” sê Bohatô. “Meester sal vir julle wys." o o o 0o o o Meester bekyk die tokse van alle kante, net soos wat tata Ngaka maak voordat hy 'n bees koop: voel hiér, vat dáár, skud met die kop. "Hierdie is goeie tokse," sê hy. Elke toks het 'n lyntjie wat deur die gaatjies geryg moet word. Ek sal dit vir jou doen." Maar Bohatô verstaan nie die tokse so mooi nie, want die gaatjies lyk soos die ogies van baie diertjies wat vir hom loer. "Wat doen jy nou?" wil meester weet toe Bohatô die tokse uittrek. "Gaan jy nie speel nie?" "Die seuns kan maar skop," sê hy. "Hierdie goed is swaar! Dit voel of ek in beesmis getrap het." Meester trek 'n vies gesig: "Jy is 'n ondankbare seun! Jou mama het my vertel van die tokse wat sy gaan koop. Sy't al haar spaargeld daarvoor gevat, nou wil jy dit nie aantrek nie! Daai mama van jou se hart sal baie seer wees ..." Bohatô gaan sit eenkant en kyk hoedat die seuns oor en weer baklei om die tokse aan te trek. Party se voete is te groot, andere s'n is weer te klein, daar's nie eers plek vir die tone nie. Later is dit net 'n paar seuns wat oor die tokse baklei. "Moenie Bohatô se tokse verniel nie!" sê Meester. "Elkeen sal 'n beurt kry…. As julle klaar is, bring dit vir hom, sodat hy dit in die slopie kan toeknoop." Daardie nag droom Bohatô dat die tokse hom jaag. Hulle word kwaai osse met gevaarlike horings wat hom in die veld wil vaskeer. Elke keer as hy agter 'n bos wil induik, peul daar 'n klomp diertjies uit wat hom terugjaag na waar die kwaai osse vir hom staan en wag. Net toe die voorste os hom met sy horings wou skep, skrik hy wakker. Die volgende môre wil Mama Mookodi weet: "Hoekom het jy laasnag so te kere gegaan? Dit het geklink asof jy vermoor word! Jy't weer gisteraand te veel vleis geëet!" Maar Bohatô antwoord nie. Toe hy sy boeke vat, vra sy weer: "Hoekom vat jy nie die tokse saam skool toe nie?" "Ek is bang vir hulle, Mama." Mama Mookodi skud haar kop. "Jy’s ‘n onnosel mannetjie! Net soos jou grootmoeder van anderkant die sloot! Haar lyf het dun geword van ouderdom, nou kan sy nie verstaan as iemand vir haar iets gee nie. Sy gooi dit weg of begrawe dit agter die huis. Ngaka Mokgotsi sal met jou gal werk as jy daai tokse hier los; hy is lankal lus vir daardie boudjies van jou!" Bohatô vryf met sy vingers oor die tokse se neuste. "Hierdie tokse is kwaad vir my, Mama! Kyk hoe loer die ogies vir my!" Tata Ngaka kom die huis binne. Hy hoor hoe Bohatô huil; hy gaan staan voor sy vrou. "Hierdie kind van jou word bederf," sê hy. "Hy kry alles wat sy oë sien, maar hy speel net 'n rukkie daarmee. Wat gaan ons maak as hy net so oorlams raak soos daardie seuns wat die voete dwars draai as hulle ouers probeer om die paadjie van die lewe vir hulle reguit te buig? Hulle word soos opdrifsels wat met die rivier afspoel, nikswerd drommels! Jy wat Mookodi is steek al die geld wat met die room en die kalwers en die velle verdien word net so in hierdie seuntjie se lyf! Hy moet gelooi word!" Bohatô sluip om die hoek van die huis, want sy tata se stem klink soos die gedonder van swaar weer wat snags oor die berg aangerol kom. Daardie rumoer maak jou so bang dat jy jouself onder die velkaros toemaak, totdat alles weer stil en rustig is. o o o 0 o o o Moruti sê vir Bohatô: "Jy moenie die skool los nie. As jy goed leer, kan jy 'n skoolmeester word. Jou mama spog by

onbutsman translated into English

Last Update: 2015-03-27
Subject: General
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference:
Warning: Contains invisible HTML formatting

Daarom, so sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek smelt hulle en toets hulle; want hoe sou Ek anders handel vanweë die dogter van my volk?
Jeremiah 9.7

Therefore thus saith the LORD of hosts, Behold, I will melt them, and try them; for how shall I do for the daughter of my people?
Jeremiah 9.7

Last Update: 2012-05-06
Subject: Religion
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference: Bible

Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos 'n mens silwer smelt en hulle toets soos 'n mens goud toets. Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit is my volk! En hulle sal sê: Die HERE, my God!
Zechariah 13.9

And I will bring the third part through the fire, and will refine them as silver is refined, and will try them as gold is tried: they shall call on my name, and I will hear them: I will say, It is my people: and they shall say, The LORD is my God.
Zechariah 13.9

Last Update: 2012-05-06
Subject: Religion
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference: Bible

Maar, HERE van die leërskare, wat die regverdige toets, wat die niere en die hart sien--laat my u wraak sien op hulle, want aan U het ek my regsaak toevertrou.
Jeremiah 20.12

But, O LORD of hosts, that triest the righteous, and seest the reins and the heart, let me see thy vengeance on them: for unto thee have I opened my cause.
Jeremiah 20.12

Last Update: 2012-05-06
Subject: Religion
Usage Frequency: 1
Quality:

Reference: Bible

Add a translation

We use cookies to enhance your experience. By continuing to visit this site you agree to our use of cookies. Learn more. OK