MyMemory, World's Largest Translation Memory
Click to expand

Language pair: Click to swap content  Subject   
Ask Google

You searched for: die storie van piet se oupa    [ Turn off colors ]

Human contributions

From professional translators, enterprises, web pages and freely available translation repositories.

Add a translation

Afrikaans

English

Info

die storie van piet se oupa

the story of Peter's grandfather

Last Update: 2014-04-14
Subject: Literary Translations
Usage Frequency: 1
Quality:
Reference: Anonymous

`zanmari se oupa

Piet's grandfather

Last Update: 2014-04-07
Subject: General
Usage Frequency: 1
Quality:
Reference: Anonymous

thandiwe hardloop na haar ouma en oupa se huis die bakkie is oppad daar

Thandiwe ran to her grandparents' house the truck is coming

Last Update: 2013-04-14
Subject: General
Usage Frequency: 1
Quality:
Reference: Anonymous

As Cinderella se skoene perfek pas, dan hoekom het dit val af? As sprokies is so waar dan hoe kom dit gebeur nie in die werklike lewe? Ek is nie vandag hier om hierdie vrae te beantwoord of vertel 'n storie maar ua bietjie oor myself te vertel My naam is Faadilah Khan Ek is 'n persoon wat in 'n oop kommunikasie, respek en dissipline glo. Hierdie persoonlikheid elemente is baie basiese en fundamentele vir goeie produktiwiteit. Ek is 'n toegewyde individu wat verantwoordelik en aanspreeklik vir haar optrede. Ek is onafhanklik, sensitiewe en warm hart. Ek hou verband maklik aan ander. Ek is netjies en ordelik persoon. Belangstellings Ek wil kyk Hindi Movies meestal aksie en romanse, en luister na musiek. Ek altyd geniet om te lees. Grootword as 'n kind en tot nou toe, is dit my (my) en my ouers droom vir my suksesvolle dokter het ek besluit om 'n dokter te word te word, want ek was nog altyd gretig om 'n verskil in die lewe van ander om 'n graad in medisyne in staat stel om my doelwitte te bereik en gee my ook 'n geleentheid om 'n verskil in die gemeenskap waaruit ek opgedoen het ek het baie verskillende doelwitte in die lewe te maak. Sommige van my doelwitte sluit in: Om student van die jaar , Om my eerste werk, gaan na kollege, om my rybewys Prestasies: Ek bereik het baie verskillende doelwitte in die lewe. Sommige van my prestasies is groter as die ander, wat my gegee het groter satisfaction.My prestasies het my gehelp om vorentoe te kom in die lewe en het my die persoon wat ek vandag gemaak.

waking up with the sun shining

Last Update: 2014-04-15
Subject: General
Usage Frequency: 1
Quality:
Reference: Anonymous

As Cinderella se skoene perfek pas, dan hoekom het dit val af? As sprokies is so waar dan hoe kom dit gebeur nie in die werklike lewe? Ek is nie vandag hier om hierdie vrae te beantwoord of vertel 'n storie maar ua bietjie oor myself te vertel My naam is Faadilah Khan Ek is 'n persoon wat in 'n oop kommunikasie, respek en dissipline glo. Hierdie persoonlikheid elemente is baie basiese en fundamentele vir goeie produktiwiteit. Ek is 'n toegewyde individu wat verantwoordelik en aanspreeklik vir haar optrede. Ek is onafhanklik, sensitiewe en warm hart. Ek hou verband maklik aan ander. Ek is netjies en ordelik persoon. Belangstellings Ek wil kyk Hindi Movies meestal aksie en romanse, en luister na musiek. Ek altyd geniet om te lees. Grootword as 'n kind en tot nou toe, is dit my (my) en my ouers droom vir my suksesvolle dokter het ek besluit om 'n dokter te word te word, want ek was nog altyd gretig om 'n verskil in die lewe van ander om 'n graad in medisyne in staat stel om my doelwitte te bereik en gee my ook 'n geleentheid om 'n verskil in die gemeenskap waaruit ek opgedoen het ek het baie verskillende doelwitte in die lewe te maak. Sommige van my doelwitte sluit in: Om student van die jaar , Om my eerste werk, gaan na kollege, om my rybewys Prestasies: Ek bereik het baie verskillende doelwitte in die lewe. Sommige van my prestasies is groter as die ander, wat my gegee het groter satisfaction.My prestasies het my gehelp om vorentoe te kom in die lewe en het my die persoon wat ek vandag gemaak.

correct grammar on translations

Last Update: 2014-04-15
Subject: General
Usage Frequency: 1
Quality:
Reference: Anonymous

Die storie van Piet se oupa. Abraham H. De Vries Piet Wessie se altyd vir hom is daar iets aan stories oor bejaarde mense wat hom laat dink aan laatagtermiddag. Jy lag oor jy bly is dis darem nog nie aand nie. Vir bejaarde mense, ja, nie vir sy oupa nie. Die dag toe Oupa tagtig geword het op die plaas onder die ou akkerbome (met 'n paartie waarvoor hy self die VLV se vrouens gehuur het, het Matthys, Piet se pa, gesê hy weet nie hoekom neuk die mense so met tagtig jaar oud nie, in hulle familie probeer almal nog om sy pa groot te kry. “Hier by ons op die plaas wou Pa mos nie bly nie. Hy lewe darem ook nog, het hy gesê. Nou praat ek uit die huis uit en hy sal seker stry, maar dis die reine waarheid. Pa het die Sondag na kerk van die dorp af uitgekom hier na ons toe. Maar daardie middag toe pak die ongeduldigheid hom en toe ek weer sien, is hy uitgevat en blink gevryf vir gaan kuier. Die volgende oggend vroeg toe ek oppad is veepos toe, halfvyf, toe dog ek wie kom kuier dan hierdie tyd van die oggend? Want toe kom daar bo van die teerpad af darem 'n bekende motor met die deurpad in. En haastig! Dog seker hy kon inkom voor die huismense opstaan ... “ “Dog g'n niks, Thys,” sê Oupa bedaard. “Dit was twee-uur. Ek is eenuur op Calitzdorp weg. G'n mens kan slaap by daardie kerkklok nie. Hy lawaai elke kwartier. Toe ry ek maar." Ja, en toe bloos daardie weduwee met die netjiese bolla wat langs hom sit bloedrooi, maar sy sê kliphard: “Dis waar, ek het op my horlosie gekyk toe ek hom hoor opstaan in die vryka¬mer!” Ramkat dog die kuiermense, en jy kan aan hulle gesigte sien hulle dink: Ramkat, daardie oumatjie is Oupa se toom. Sy gaan vir hom mak maak. Nee, getroud is hulle toe nie - die aanval wat sy gehad het, was skielik en onverwags. Sy is uit die klipkerk met die onordentlike horlosie uit begrawe. Oupa was skoon van stryk, dit het 'n hele maand geduur voor hy weer die punt van sy wenkbrou sit en draai het soos 'n snor. Dit was toe Piet hom tromp-op uitvra na die stories oor die ander weduwee daar in die tehuis. “Baie, baie stigtelik,” het hy eerbiedig berig en rondgekyk dat niemand hom moet hoor nie voor hy byvoeg: “Maar Woensdagaande na biduur gaan speel die matrone mos klawerjas by ou Netta-hulle ...” Ses maande na die weduwee se dood het Oupa gaan kuier by Piet se enigste suster, Trudie; sy woon in Somerset-Wes in een van daardie groot huise wat net ryk mense kan bekostig. Trudie is getroud, haar man is 'n bietjie ouer as sy. Hy't eers met perde geboer by Robertson, van die soort wat later in die reisiese hardloop. Hulle is laat getroud, want sy was lank 'n toegewyde suster in die hospitaal op Montagu. Doon - dit was haar man se naam - Doon en Oupa was karperde, al was Oupa 'n bietjie ouer. Die kuiery was taks een maal per jaar se afspraak. Nie een van hulle was 'n werfhond van 'n mansmens nie. Die een dag gaan kyk hulle kamma na 'n klein plasie wat op Tulbagh in die mark is, die ander dag gaan hulle na 'n veeveiling toe op Ceres. Dan weer het 'n vroeëre vennoot van Doon gesê hulle moet 'n bietjie die nuwe wyn kom proe by die kelder tussen Worcester en Rawsonville. Maar die oggend van die hele kommosie was Trudie gelukkig saam met hulle. Hulle het gaan rekeninge betaal in Somerset. Oupa had 'n ligte kopseertjie met die opstaan. Sy het vir hom voor ontbyt al 'n poeiertjie gegee. Kopseer toe weg, hulle af dorp toe. Van die munisipali¬teit na die poskantoor toe en van die poskantoor na die garage toe en daarvandaan tandarts toe, en so het dit die heIe oggend gegaan. Trap-op, steeg-af, straat-oor. Gelukkig was dit 'n lekker koel dag, die seewindjie het van Gordonsbaai se kant af in die hoofstraat afgestoot. 'n Mens kon die seewier ruik en jou verbeel jy hoor die branders. Etenstyd toe besluit Doon: kyk, dis tyd vir gaan eet, en dis boonop net die regte dag vir Oupa se mixed grill. Dis tog maar 'n genade dat dit Oupa gespaar gebly het dat hy ooit in sy lewe moes kies tussen 'n vroumens en 'n mixed grill. Twee stukke tjops en boerewors wat (sê Trudie) die eienaar glo saambring van Ashton af, sy ma woon nog daar, hy gaan kuier gereeld as die wors min raak. Trudie moes solank gaan bestel. Hulle twee het nog net 'n draaitjie gehad om te loop. Doon knik vir sy vrou en hy vat Oupa aan die arm om hom oor die straat te help. Die arme man het op Somerset nooit in 'n kroeg gekom nie, maar hy ken mos vir Oupa en hy ken ons dorpsge¬woontes. 'n Doppie of twee later toe soek hulle waar sit Trudie met die drie mixed grills in daardie restaurant met die damastafeldoeke en die blink eetgoed en die waaiers teen die dak. Teen die muur is 'n wingerd en 'n berg geskilder wat dit maak Iyk asof jy na daardie kant toe ook kan uitkyk. “Oupa, sit Oupa in die hoek, dan kan Oupa mooi sien, hier kom partymaal ryk vrouens ook ...” spot Trudie nog en sy skuif die bord kos 'n bietjie weg dat Oupa kan inskuif sonder dat sy baadjiepante in die sous hang. Of dit die lopery was en of iets in die oggend se hoofpynpoeiertjie nie geakkordeer het met die doppie brandewyn nie, dit sal niemand ooit weet nie. Oupa het sy servet netjies oor sy onderbaadjie gehaak. Toe hy die eerste tjoppie sny, het hy nog gesê: “Aitsa, nogal nie min nie!” Maar net toe hy die eerste happie in sy mond steek, toe skuif hy só saggies van die stoel af dat Trudie, wat weggekyk het, vra: “Waar's Oupa nou?” Toe Iê Oupa al op die vloer. 'n Matrone skrik nie maklik vir 'n floutetjie nie, maar dit moet die manier gewees het waarop Oupa Iê wat Trudie laat skrik het. Gelukkig maar, net toe Doon die tafel wegskuif, toe staan 'n ander verpleegster langs hom wat hulp in sulke tye van nood goed geken het. Dis sy wat toe haastig alles wat sy weet, probeer: druk en voel en pomp op sy bors en kyk op die horlosietjie wat voor haar bors vasgegespe was. Tot sy later opkyk en vir Doon sê: “Miskien moet jy die eienaar gaan roep. Ons het Oupa verloor.” Hulle met Oupa daar uit na die kelners se ruskamertjie toe net langs die kombuis. Om die ander restaurantmense nou nie te veel te ontstel nie. “Hart,” het die verpleegster gesê en Trudie aan die skouer gevat. “Toe maar, ek het 'n selfoon, ek sal die ambulans bel.” Die ambulans is met Oupa weg by 'n sy-ingang uit. Trudie sê hulle was so verslae, sy en Doon het net vir mekaar staan en kyk tot Doon sê hy gaan gou die motor haal - hy het in 'n systraat geparkeer - dat Oupa maar in die kar kan gaan sit, sê hy nog uit gewoonte. Behalwe 'n kelnertjie wat die mixed grills wou gaan warm hou, was dit met die eetgoed net Trudie wat kopgehou het. Trudie was nie verniet 'n matrone nie. Maar sy was ontsteld. Sy moes vir haar pa-hulle laat weet, en vir Piet, en wie nog almal? Haar kop was vol reëlings, dis dié, dink ek, dat sy nie vir die kelnertjie gevra het hulle moet die kos vir haar in 'n bakkie gaan inpak nie. As 'n mens skielik so deur die wind is, dan val 'n mens terug in die gewoontes van die wêreld wat jy geken het as kind. Sy't vir die mannetjie beduie, nee toe maar ... en toe haar beursie uithaal om te betaal, dog sy nee, maar al die vleis kan 'n mens darem ook nie los nie, dis 'n skade. Sy draai 'n stukkie vleis en 'n worsie in 'n wit servet toe en sit dit in haar inkopiesak. As Oupa nie self die storie vertel het van wat toe gebeur nie, het ek ook gedink dis ‘n lieg. Bo in die hoofstraat van Somerset was padwerkers besig om gate in die straat op te vul dat dit weer geteer kon word. Daar was 'n paar lelike knikke, jy kon jou kar seermaak. Maar 'n ambulans is mos nou nie 'n kar nie en ambulansmanne is haastige manne. Dit moet met 'n allemintige gestamp gewees het dat hulle by die padwerke oor die slote en die walle gejaag het, die huilhoeter en die lig was aan. Van die gehop en gestamp het Oupa agter in die ambulans só op en af gewip dat sy hart weer aan die loop geraak het. Hy't vir my vir die waarheid vertel hoe hy al regop gesit het toe hy hoor hulle hou iewers stil. Hy het nog oor die gordyntjie by die venster probeer uitkyk toe die ambulansmannetjie die dubbeldeur agter oopmaak. Oupa vertel, hy sê: “Hy kyk nogal oor sy skouer terug. En ek hoor hy sê vir die ander outjie: ‘Kom help vat net gou, jy's nie al wat Ius het vir rook nie ...’ toe kyk hy weer voor hom in die ambulans in en in my gesig vas. “Jy sal my nie glo nie, maar ek moes óór hom klim om uit te kom,” sê Oupa, “want hy Iê toe flou geskrik agter in die ambulans en daar is niemand om my te help nie. Die bestuurderman¬netjie het my net een kyk gegee en sy mond het oopgegaan, maar hy was aan die hol voor hy 'n woord kon uitkry.” Daar is nie 'n toets wat die dokters in daardie hospitaal daardie agtermiddag nie op Oupa uitgevoer het nie. Hulle knie vir hom soos brooddeeg en hy dog hulle tap hom dolleeg. Maar niks. Daar was met hom minder verkeerd as niks. Vieruur die agtermiddag toe vra hulle vir hom wat is Doon en Trudie se telefoonnommer. Oupa sê hy sit by die dokter in die spreekkamer toe die man vir Trudie sê: “Mevrou, ek bel om te sê u moet asseblief u oupa kom haal ...” Trudie nog ewe: “Dokter, Pa-hulle bring sy kis saam wat in die waenhuis gestaan het. Hulle is seker al met die bakkie daar weg.” En die dokter wat sê: “Mevrou, ek weet nie hoe om dit vir jou te sê nie, maar jou oupa is nie dood soos ons gedink het nie, hier oorkant die tafel sit hy. Hy makeer niks.” Toe is daar aan die ander kant net 'n lang stilte voor hy Trudie vir Doon hoor sê: “Vat jy gou die telefoon en luister wat die man wil sê, hy maak of hy 'n dokter is.” Wat hom van daardie middag die langste sal bybly, sê Oupa, is hoe hulle in Doon se motor sit en Trudie vra: “Doon, wat is dit wat so gor?” Oupa sê hy luister ook nogal. Die motor se enjin loop doeksag, maar hulle hoor almal die gegor. Dis toe hy terugsit teen die kussing dat hy en Trudie gelyk agterkom dis sy maag wat so ravot. Haar inkopiesak het langs hom agter op die sitplek gelê. “Haal uit, Oupa. Vat. Eet.” “Die mense wil almal weet van die ruk wat ek dood was. Ek sê altyd,” sê Oupa en hy draai sy wenkbrou se punt, “van die dood weet ek niks. Ek weet net hoe lekker daardie skaapvleis was waaraan ek die oggend gesterwe het!”

the story of Peter's grandfather

Last Update: 2014-04-01
Subject: General
Usage Frequency: 1
Quality:
Reference: Anonymous
Warning: Contains invisible HTML formatting

Add a translation