Fråga Google

You searched for: hy vat ann sy knieg (Afrikaans - Engelska)

Mänskliga bidrag

Från professionella översättare, företag, webbsidor och fritt tillgängliga översättningsdatabaser.

Lägg till en översättning

Afrikaans

Engelska

Info

Afrikaans

Kyk, God verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie.

Engelska

Behold, God will not cast away a perfect man, neither will he help the evil doers:

Senast uppdaterad: 2012-05-06
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Afrikaans

Agter ‘n baard. Hennie Aucamp Toe die troepetrein die stasie binnekom, is Marina een van die baie meisies en vroue wat hul mans met vreugde inwag, maar die kameras soek haar uit omdat sy - 'n paar maande swanger, en met 'n netjiese seuntjie aan haar hand - groter simboolwaarde het as die ander. En natuurlik is sy nog mooi ook. Die seuntjie bevestig haar skoonheid, want hy het haar witblonde hare, 'n welige dos tot oor die ore, maar versorg, en hy het dieselfde intense oë, alikruikblou, of amper. Dis sy paar oë, nie hare nie, wat die man agter die baard herken: “Pappa! Pappa!” Deon steek sy bruin hande onder die warm okseltjies in en hou sy seun soos 'n trofee in die lug. Dan bring hy die kind se gesig met heftigheid tot teen syne, en soen dit wild op die voorkop, wange en neus. “Eina,” kla die kind, “eina, jou baard maak seer.” Marina kyk toe, maar sonder die teerheid wat die oomblik voorskryf. “Ek herken jou skaars,” verwyt sy hom. “Ag,” sê hy, “in die bos, weet jy ...” “Natuurlik,” gee sy gretig toe, en reik op na hom - haar buik warm teen sy uniform. Hy kyk weer na die seuntjie; streel jaloers oor die blonde hare wat byna elektries gloei in 'n streep sonlig. “Die eerste ding wat ek gaan doen,” sê hy met die nadruklikheid van een wat teenstand verwag, “is om my hare te laat uitgroei.” “Ja, ja,” sê Marina, “en jou baard af te skeer.” “Ja, ons sal sien,” antwoord hy vaag. “Nee, maar jy meet,” sê sy 'n iets te ernstig, “dis asof jy ons van agter 'n bos beloer.” Sy probeer die kind se medewerking kry: “Né, Bennie?” Maar Bennie sê niks nie. “Ek het gewerk aan die baard,” probeer Deon skerts, “daar sit opoffering agter die groei¬sel.” “Nou het jy dit gesê,” reageer Marina vinnig. “Dis 'n slordige baard, skat, so boskasierig.” “Ek weet; en ek weet ook van die brak kolle waar niks wil vat nie, al het ek al die boererate geprobeer.” Hy lag verleë: “juis daarom is ek lief daarvoor: oor dit so stief is.” Hulle beweeg saam met talle mense na die uitgang, maar stadig, want die hele stad is daar om die manne van die grens af te verwelkom. Die luidsprekers hou vol, oor en oor: “Ons vir jou, Suid-Afrika.” Marina besef dat hulle nog net oor sy baard gepraat het. “En verder gesond?” vra sy. “Dit leef, dit leef,” sê hy neutraal, en dan met groot hartstog: “Ek is by jou, Marina. En by Bennie.” Hy steek sy hand uit na die seuntjie, maar Bennie deins terug; klou wantrouig aan sy ma se rok. “Nee, Bennaman,” betig Marina hom, “jy smeer my rok vuil, jong.” “Hoe gaan dit met die nuwe een?” Deon fluister by haar oor, sommer uit Ius om haar hare te ruik en sy asem oor haar nek te blaas sodat sy - gepla, maar tog geprikkel - kan beswaar maak: “Ag nee, man, daar's 'n tyd vir alles.” Die keer sê sy niks nie; verduur die ritueel, maar vryf daarna oor haar nek. “O,” sê sy na 'n rukkie, “omtrent die aanstaande: nie so goed soos destyds met Bennie nie. Sal wel spanning wees.” By die motor vra sy: “Wil jy bestuur?” Deon wens hy kan terugsit teen die kussing, sy seun op sy skoot. Maar juis die seun wil dit anders hê; sy hele houding en oë eis om bewyse van gesag. Deon hou sy hand uit vir die sleu¬tel. “Dit gaan 'n vreeslike deurmekaar ete wees,” giggel Marina. “Ek het al jou gunstelinge pro¬beer maak.” “Boontjiebredie?” pleit Deon. Marina lag geheimsinnig. “En slaphakskeentjies?” “Slaphakskeentjies, slaphakskeentjies,” skree die kind, en toe hy nie genoeg aandag kry nie, nog nadrukliker: “Slap-hak-skeentjies!” “Van een ding is ek darem seker,” glimlag Deon, en hy knipoog vir Bennie. Bennie druk met sy vinger teen sy pa se neus. “Moenie vir Pappa hinder wanneer hy bestuur nie,” vermaan Marina, maar Deon sê met 'n halwe bewing in sy stem: “Laat hom vat, Marina, en jy ook. As jy weet hoe ek hierna uitgesien het: dat julle aan my vat - en ek aan julle.” Tuis onttrek Deon hom aan Marina en Bennie. “Ek sal niks waardeer voor ek my nie gereinig het nie, soos die Bybel sê. Marina hoor hoe hy hom insluit in die badkamer, maar voel nie geaf¬fronteerd nie: Deon se badkameruur is altyd syeie. In elk geval het sy dinge om na om te sien: die ete; vars blomme vir die tafel; Bennie se ete. lets bly haar kwel: die baard. Dis asof sy nie heeltemal tot Deon kan deurdring nie. Nuanses van kwetsbaarheid en teerheid bly verskole agter sy baard; deel van sy nuwe ervarings ook. En sy het 'n reg op sy belewenisse, want hoe anders kan sy hom troos? Sy briewe was so weinigseggend. Daar was die “liewes”, van aanhef tot slot, of die onver¬wagte poësie van: “Jou Iyf is my sekuriteit”; maar van oorlog het hy niks gerep nie. Instruksies, neem sy aan: “Moenie paniek saai nie.” 'n Paar van sy onskuldige briewe is selfs gesensureer. Bennie begin vaak word; knies oor sy bord kos: “Wanneer kom Pappa?” Sy is self haastig, want sy hoop dat die “reiniging” volkome gaan wees: 'n Deon sonder baard. Nooit, vandat sy hom ken, het hy ooit 'n baard of snor probeer kweek nie. Hy is nie die tipe nie; kwetsbaar, gevoelig, maar óóp - dis sy styl. Die baard kleef nog aan hom toe hy uit die badkamer kom; doen afbreuk aan die vars reuk wat hy saambring. Marina pruil: “Ek dog ek gaan jou van aangesig tot aangesig sien.” “Hou nou op, Marina,” sê hy skerp. “Jy klink asof ek jou op die een of ander manier wil bedrieg.” As vroulike strategie dan nie help nie, moet sy nugter te werk gaan: “Skat, dis net of jy 'n masker dra. Ek wil elke roering in jou gesig sien, elke spiertrekkie.” Hy vat afgetrokke aan die kind; stap buitentoe. Deur die venster sien sy hom oor 'n roosstruik buig. “Wat dink hy op hierdie oomblik?” vra sy haarself ergerlik af. “Hy het 'n onbillike voordeel bo my: ek Iyk my swakheid; hy nie.” Sy neem Bennie badkamer toe, help hom om homself te was. Toe hy klaar is, gaan soek sy na Deon, maar hy sit al klaar by die kind se bed en wag. Bennie spook teen die vaak. “'n Storie,” soebat hy, “van bosape en ter ... ter...” Deon help hom nie. “Terroriste,” sê Marina van die deur af. “Maar nie vanaand nie; jy sal nagmerries kry.” Sy steek die kerse op die feestafel aan. Deon se stem klink baie ver. 'n Keer of wat lag Bennie alleen; dan lag hulle saam. Toe sy wyn uit die koelkas haal, sien sy 'n bottel brandewyn en 'n glas op die kombuistafel, en frons, want daar is drie, vier stywe doppe geskink uit 'n bottel wat so pas oopgemaak is. Sy ruk van die skrik toe Deon agter haar praat: “Moenie bang wees nie, skat, daar is geen gevaar nie. Maar vanaand moes ek.” “Natuurlik,” sê sy, “natuurlik,” en leun terug. Twee sterk arms ontvang en omsluit haar, 'n baard kriewel teen haar nek, 'n brandewynasem kom oor haar skouer. “Slaap hy?” vra Marina. “Die dag was te vol vir hom.” “Vir my ook,” sê Deon. “Net na ete moet ons bed toe.” Marina voel bedreig en bedruk. Deon het reg op haar, selfs nou, met haar groot Iyf; hy was weg en het swaar gekry en was alleen; sekerlik mag hy troos vra. Maar dis Deon met sy oop gesig wat sy by haar wil hê, en nie 'n bebaarde man wat na drank ruik nie. “Die struike het mooi aangekom,” sê Deon aan tafel, en skink vir hulle wyn. “'n Wonder," sê sy, “veral as jy aan die wind dink. Die suidoos het vier sonneblomme nek omgedraai, net so.” Deon kyk verskrik op, maar sy uitdrukking verdwyn gou in sy baard. “Nog bredie?” Dean skud sy kop. “'n Mens verleer om te eet. Later eet jy of jy luister; heeltyd luister.” Hy vat aan haar hand. “Maar jou kos is wonderlik.” Hy beur oor die blomme, soen haar skrams. “Ek moet gaan opwas,” sê Marina. “Ek sal help,” bied Dean aan. “Nie vanaand nie,” sê sy. “Lees die koerant, of kyk televisie; ek is netnou by jou.” Deon tel 'n koerant op; kyk na die foto van 'n vermiste grenssoldaat en sê: “Ag-my-Here.” Toe Marina uiteindelik uit die badkamer kom, 'n dun nagrok oar haar vermoeide liggaam, Iê Dean met sy hande agter sy kop. Sy sien die hare in sy oksels, ruik sy vars sweet. En dan kyk sy weer na sy woeste baard. “Jy het mos niks om weg te steek nie, skat: geen swak ken of 'n litteken of wat nie,” praat sy van die spieëltafel af, waar sy room aan haar gesig smeer. “Hou op! Hou op!” skree hy, en gooi die komberse van hom af. Sy vrees dat hy haar te Iyf wil gaan; beroep haar op die kind: “Deon, Bennie sal wakker word en skrik.” Deon draai op sy sy; Iê na die muur en kyk. Eers nadat die lig afgeskakel is, soek hy toena¬dering. Sy hand op haar maag word 'n warm kol wat haar irriteer, maar sy durf hom nie beledig nie. Toe hy nader aan haar kom, al dringender raak, ruik sy weer die brandewyn, maar nog verset sy haar nie. Eers toe hy die bandjie van haar nagrok oor haar skouer rem, sy gesig teen haar arm skuur, praat sy: “Nie vanaand nie, Deon; net nie vanaand nie.” Sy soek na sy hand; druk dit. Na 'n rukkie trek hy sy hand weg, draai terug na die muur. Ten spyte van haar hartseer raak sy gou aan die slaap; slaap so vas dat sy hom nie hoor op¬staan en beweeg nie. Dis sy kyk wat haar wek. Hy staan in die straatlig wat deur die venster val; staan wit en na¬kend - en sonder baard. “Deon!” Sy druk 'n hand teen haar mond, soek met die ander na die bed lamp. Hy kom kniel by haar; Iyk soos 'n nar, met die bleek stroke waar daar baard was. Plek-plek het hy hom raakgeskeer. “Staan op, Deon; staan op, my man.” “Kyk na my,” beveel hy. Sy kyk na die ervarings waarvan sy briewe niks gesê het nie; sidder, en maak haar oë toe. “Kom Iê nou, Deon, asseblief. Jy is baie moeg.” Hy gaan Iê langs haar, maar raak nie aan haar nie. En begin vertel. “Moenie,” smeek sy, “ek wil nie hoor nie.” In 'n stadium Iê sy haar hand oor sy mond. Hy stoot dit ru weg; praat voort. Dis asof die bed van bloed deurtrokke raak - taai en lou, met 'n souterige reuk. Ander reuke kom by: uitskeidings, braaksels, verrottende vlees. Sy probeer orent kom; hy druk haar terug. “Oppas, die kind,” pleit sy. Maar dis hy wat uiteindelik begin huil, verlore en gebroke. Toe Deon lankal rukkerig teen haar slaap, Iê sy nog wakker, en weet nie dat sy haar een hand oop- en toemaak nie, oop en toe.

Engelska

behind a beard Hennie Aucamp

Senast uppdaterad: 2017-01-25
Användningsfrekvens: 2
Kvalitet:

Referens: Takemehome
Varning: Innehåller osynlig HTML-formatering

Afrikaans

Piet Wessie se altyd vir hom is daar iets aan stories oor bejaarde mense wat hom laat dink aan laatagtermiddag. Jy lag oor jy bly is dis darem nog nie aand nie. Vir bejaarde mense, ja, nie vir sy oupa nie. Die dag toe Oupa tagtig geword het op die plaas onder die ou akkerbome (met 'n paartie waarvoor hy self die VLV se vrouens gehuur het, het Matthys, Piet se pa, gesê hy weet nie hoekom neuk die mense so met tagtig jaar oud nie, in hulle familie probeer almal nog om sy pa groot te kry. “Hier by ons op die plaas wou Pa mos nie bly nie. Hy lewe darem ook nog, het hy gesê. Nou praat ek uit die huis uit en hy sal seker stry, maar dis die reine waarheid. Pa het die Sondag na kerk van die dorp af uitgekom hier na ons toe. Maar daardie middag toe pak die ongeduldigheid hom en toe ek weer sien, is hy uitgevat en blink gevryf vir gaan kuier. Die volgende oggend vroeg toe ek oppad is veepos toe, halfvyf, toe dog ek wie kom kuier dan hierdie tyd van die oggend? Want toe kom daar bo van die teerpad af darem 'n bekende motor met die deurpad in. En haastig! Dog seker hy kon inkom voor die huismense opstaan ... “ “Dog g'n niks, Thys,” sê Oupa bedaard. “Dit was twee-uur. Ek is eenuur op Calitzdorp weg. G'n mens kan slaap by daardie kerkklok nie. Hy lawaai elke kwartier. Toe ry ek maar." Ja, en toe bloos daardie weduwee met die netjiese bolla wat langs hom sit bloedrooi, maar sy sê kliphard: “Dis waar, ek het op my horlosie gekyk toe ek hom hoor opstaan in die vryka¬mer!” Ramkat dog die kuiermense, en jy kan aan hulle gesigte sien hulle dink: Ramkat, daardie oumatjie is Oupa se toom. Sy gaan vir hom mak maak. Nee, getroud is hulle toe nie - die aanval wat sy gehad het, was skielik en onverwags. Sy is uit die klipkerk met die onordentlike horlosie uit begrawe. Oupa was skoon van stryk, dit het 'n hele maand geduur voor hy weer die punt van sy wenkbrou sit en draai het soos 'n snor. Dit was toe Piet hom tromp-op uitvra na die stories oor die ander weduwee daar in die tehuis. “Baie, baie stigtelik,” het hy eerbiedig berig en rondgekyk dat niemand hom moet hoor nie voor hy byvoeg: “Maar Woensdagaande na biduur gaan speel die matrone mos klawerjas by ou Netta-hulle ...” Ses maande na die weduwee se dood het Oupa gaan kuier by Piet se enigste suster, Trudie; sy woon in Somerset-Wes in een van daardie groot huise wat net ryk mense kan bekostig. Trudie is getroud, haar man is 'n bietjie ouer as sy. Hy't eers met perde geboer by Robertson, van die soort wat later in die reisiese hardloop. Hulle is laat getroud, want sy was lank 'n toegewyde suster in die hospitaal op Montagu. Doon - dit was haar man se naam - Doon en Oupa was karperde, al was Oupa 'n bietjie ouer. Die kuiery was taks een maal per jaar se afspraak. Nie een van hulle was 'n werfhond van 'n mansmens nie. Die een dag gaan kyk hulle kamma na 'n klein plasie wat op Tulbagh in die mark is, die ander dag gaan hulle na 'n veeveiling toe op Ceres. Dan weer het 'n vroeëre vennoot van Doon gesê hulle moet 'n bietjie die nuwe wyn kom proe by die kelder tussen Worcester en Rawsonville. Maar die oggend van die hele kommosie was Trudie gelukkig saam met hulle. Hulle het gaan rekeninge betaal in Somerset. Oupa had 'n ligte kopseertjie met die opstaan. Sy het vir hom voor ontbyt al 'n poeiertjie gegee. Kopseer toe weg, hulle af dorp toe. Van die munisipali¬teit na die poskantoor toe en van die poskantoor na die garage toe en daarvandaan tandarts toe, en so het dit die heIe oggend gegaan. Trap-op, steeg-af, straat-oor. Gelukkig was dit 'n lekker koel dag, die seewindjie het van Gordonsbaai se kant af in die hoofstraat afgestoot. 'n Mens kon die seewier ruik en jou verbeel jy hoor die branders. Etenstyd toe besluit Doon: kyk, dis tyd vir gaan eet, en dis boonop net die regte dag vir Oupa se mixed grill. Dis tog maar 'n genade dat dit Oupa gespaar gebly het dat hy ooit in sy lewe moes kies tussen 'n vroumens en 'n mixed grill. Twee stukke tjops en boerewors wat (sê Trudie) die eienaar glo saambring van Ashton af, sy ma woon nog daar, hy gaan kuier gereeld as die wors min raak. Trudie moes solank gaan bestel. Hulle twee het nog net 'n draaitjie gehad om te loop. Doon knik vir sy vrou en hy vat Oupa aan die arm om hom oor die straat te help. Die arme man het op Somerset nooit in 'n kroeg gekom nie, maar hy ken mos vir Oupa en hy ken ons dorpsge¬woontes. 'n Doppie of twee later toe soek hulle waar sit Trudie met die drie mixed grills in daardie restaurant met die damastafeldoeke en die blink eetgoed en die waaiers teen die dak. Teen die muur is 'n wingerd en 'n berg geskilder wat dit maak Iyk asof jy na daardie kant toe ook kan uitkyk. “Oupa, sit Oupa in die hoek, dan kan Oupa mooi sien, hier kom partymaal ryk vrouens ook ...” spot Trudie nog en sy skuif die bord kos 'n bietjie weg dat Oupa kan inskuif sonder dat sy baadjiepante in die sous hang. Of dit die lopery was en of iets in die oggend se hoofpynpoeiertjie nie geakkordeer het met die doppie brandewyn nie, dit sal niemand ooit weet nie. Oupa het sy servet netjies oor sy onderbaadjie gehaak. Toe hy die eerste tjoppie sny, het hy nog gesê: “Aitsa, nogal nie min nie!” Maar net toe hy die eerste happie in sy mond steek, toe skuif hy só saggies van die stoel af dat Trudie, wat weggekyk het, vra: “Waar's Oupa nou?” Toe Iê Oupa al op die vloer. 'n Matrone skrik nie maklik vir 'n floutetjie nie, maar dit moet die manier gewees het waarop Oupa Iê wat Trudie laat skrik het. Gelukkig maar, net toe Doon die tafel wegskuif, toe staan 'n ander verpleegster langs hom wat hulp in sulke tye van nood goed geken het. Dis sy wat toe haastig alles wat sy weet, probeer: druk en voel en pomp op sy bors en kyk op die horlosietjie wat voor haar bors vasgegespe was. Tot sy later opkyk en vir Doon sê: “Miskien moet jy die eienaar gaan roep. Ons het Oupa verloor.” Hulle met Oupa daar uit na die kelners se ruskamertjie toe net langs die kombuis. Om die ander restaurantmense nou nie te veel te ontstel nie. “Hart,” het die verpleegster gesê en Trudie aan die skouer gevat. “Toe maar, ek het 'n selfoon, ek sal die ambulans bel.” Die ambulans is met Oupa weg by 'n sy-ingang uit. Trudie sê hulle was so verslae, sy en Doon het net vir mekaar staan en kyk tot Doon sê hy gaan gou die motor haal - hy het in 'n systraat geparkeer - dat Oupa maar in die kar kan gaan sit, sê hy nog uit gewoonte. Behalwe 'n kelnertjie wat die mixed grills wou gaan warm hou, was dit met die eetgoed net Trudie wat kopgehou het. Trudie was nie verniet 'n matrone nie. Maar sy was ontsteld. Sy moes vir haar pa-hulle laat weet, en vir Piet, en wie nog almal? Haar kop was vol reëlings, dis dié, dink ek, dat sy nie vir die kelnertjie gevra het hulle moet die kos vir haar in 'n bakkie gaan inpak nie. As 'n mens skielik so deur die wind is, dan val 'n mens terug in die gewoontes van die wêreld wat jy geken het as kind. Sy't vir die mannetjie beduie, nee toe maar ... en toe haar beursie uithaal om te betaal, dog sy nee, maar al die vleis kan 'n mens darem ook nie los nie, dis 'n skade. Sy draai 'n stukkie vleis en 'n worsie in 'n wit servet toe en sit dit in haar inkopiesak. As Oupa nie self die storie vertel het van wat toe gebeur nie, het ek ook gedink dis ‘n lieg. Bo in die hoofstraat van Somerset was padwerkers besig om gate in die straat op te vul dat dit weer geteer kon word. Daar was 'n paar lelike knikke, jy kon jou kar seermaak. Maar 'n ambulans is mos nou nie 'n kar nie en ambulansmanne is haastige manne. Dit moet met 'n allemintige gestamp gewees het dat hulle by die padwerke oor die slote en die walle gejaag het, die huilhoeter en die lig was aan. Van die gehop en gestamp het Oupa agter in die ambulans só op en af gewip dat sy hart weer aan die loop geraak het. Hy't vir my vir die waarheid vertel hoe hy al regop gesit het toe hy hoor hulle hou iewers stil. Hy het nog oor die gordyntjie by die venster probeer uitkyk toe die ambulansmannetjie die dubbeldeur agter oopmaak. Oupa vertel, hy sê: “Hy kyk nogal oor sy skouer terug. En ek hoor hy sê vir die ander outjie: ‘Kom help vat net gou, jy's nie al wat Ius het vir rook nie ...’ toe kyk hy weer voor hom in die ambulans in en in my gesig vas. “Jy sal my nie glo nie, maar ek moes óór hom klim om uit te kom,” sê Oupa, “want hy Iê toe flou geskrik agter in die ambulans en daar is niemand om my te help nie. Die bestuurderman¬netjie het my net een kyk gegee en sy mond het oopgegaan, maar hy was aan die hol voor hy 'n woord kon uitkry.” Daar is nie 'n toets wat die dokters in daardie hospitaal daardie agtermiddag nie op Oupa uitgevoer het nie. Hulle knie vir hom soos brooddeeg en hy dog hulle tap hom dolleeg. Maar niks. Daar was met hom minder verkeerd as niks. Vieruur die agtermiddag toe vra hulle vir hom wat is Doon en Trudie se telefoonnommer. Oupa sê hy sit by die dokter in die spreekkamer toe die man vir Trudie sê: “Mevrou, ek bel om te sê u moet asseblief u oupa kom haal ...” Trudie nog ewe: “Dokter, Pa-hulle bring sy kis saam wat in die waenhuis gestaan het. Hulle is seker al met die bakkie daar weg.” En die dokter wat sê: “Mevrou, ek weet nie hoe om dit vir jou te sê nie, maar jou oupa is nie dood soos ons gedink het nie, hier oorkant die tafel sit hy. Hy makeer niks.” Toe is daar aan die ander kant net 'n lang stilte voor hy Trudie vir Doon hoor sê: “Vat jy gou die telefoon en luister wat die man wil sê, hy maak of hy 'n dokter is.” Wat hom van daardie middag die langste sal bybly, sê Oupa, is hoe hulle in Doon se motor sit en Trudie vra: “Doon, wat is dit wat so gor?” Oupa sê hy luister ook nogal. Die motor se enjin loop doeksag, maar hulle hoor almal die gegor. Dis toe hy terugsit teen die kussing dat hy en Trudie gelyk agterkom dis sy maag wat so ravot. Haar inkopiesak het langs hom agter op die sitplek gelê. “Haal uit, Oupa. Vat. Eet.” “Die mense wil almal weet van die ruk wat ek dood was. Ek sê altyd,” sê Oupa en hy draai sy wenkbrou se punt, “van die dood weet ek niks. Ek weet net hoe lekker daardie skaapvleis was waaraan ek die oggend gesterwe het!”

Engelska

the story of Peter's grandfather

Senast uppdaterad: 2015-06-08
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Referens: Anonym
Varning: Innehåller osynlig HTML-formatering

Vissa mänskliga översättningar med låg relevans har dolts.
Visa resultat med låg relevans.

Få en bättre översättning med
4,401,923,520 mänskliga bidrag

Användare ber nu om hjälp:



Vi använder cookies för att förbättra din upplevelse. Genom att fortsätta besöka den här webbplatsen godkänner du vår användning av cookies. Läs mer. OK