Fråga Google

You searched for: hy klou aan die rots vas soos n neet (Afrikaans - Engelska)

Mänskliga bidrag

Från professionella översättare, företag, webbsidor och fritt tillgängliga översättningsdatabaser.

Lägg till en översättning

Afrikaans

Engelska

Info

Afrikaans

Hy klou desperaat vas aan die idee dat hy na sy ... vrylating by sy Pa en Tante gaan woon.

Engelska

He desperately clings to the thought that he'll be going to live with his father and his aunt afterward.

Senast uppdaterad: 2016-10-27
Användningsfrekvens: 7
Kvalitet:

Afrikaans

As hulle regters aan die kant van die rots afgegooi word, dan sal hulle hoor dat my woorde lieflik is.

Engelska

When their judges are overthrown in stony places, they shall hear my words; for they are sweet.

Senast uppdaterad: 2012-05-06
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Afrikaans

Verlaat die stede en gaan woon in die rots, inwoners van Moab! En word soos 'n duif wat sy nes maak oorkant die opening van die afgrond.

Engelska

O ye that dwell in Moab, leave the cities, and dwell in the rock, and be like the dove that maketh her nest in the sides of the hole's mouth.

Senast uppdaterad: 2012-05-06
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Afrikaans

As jy aan my volk, aan die arme by jou, geld leen, mag jy vir hom nie soos 'n skuldeiser wees nie: julle mag hom geen rente oplê nie.

Engelska

If thou lend money to any of my people that is poor by thee, thou shalt not be to him as an usurer, neither shalt thou lay upon him usury.

Senast uppdaterad: 2012-05-06
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Afrikaans

En skryf aan die engel van die gemeente in Thiatíre: Dít sê die Seun van God wat oë het soos 'n vuurvlam, en sy voete is soos blink koper:

Engelska

And unto the angel of the church in Thyatira write; These things saith the Son of God, who hath his eyes like unto a flame of fire, and his feet are like fine brass;

Senast uppdaterad: 2012-05-06
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Afrikaans

maar die stuk land moet, as dit in die jubeljaar vry word, aan die HERE heilig wees soos 'n stuk land onder die ban; die besit daarvan kom aan die priester toe.

Engelska

But the field, when it goeth out in the jubile, shall be holy unto the LORD, as a field devoted; the possession thereof shall be the priest's.

Senast uppdaterad: 2012-05-06
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Afrikaans

Want jy het vergeet die God van jou heil en nie gedink aan die rots wat jou toevlug was nie. Daarom lê jy lieflike tuine aan en beplant dit met uitlandse wingerdstokke;

Engelska

Because thou hast forgotten the God of thy salvation, and hast not been mindful of the rock of thy strength, therefore shalt thou plant pleasant plants, and shalt set it with strange slips:

Senast uppdaterad: 2012-05-06
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Afrikaans

deur aan die priesters wat by die huis van die HERE van die leërskare was, en aan die profete die vraag te stel: Moet ek in die vyfde maand ween met vas soos ek nou al so baie jare gedoen het?

Engelska

And to speak unto the priests which were in the house of the LORD of hosts, and to the prophets, saying, Should I weep in the fifth month, separating myself, as I have done these so many years?

Senast uppdaterad: 2012-05-06
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Afrikaans

Hy het ook kettings gemaak soos 'n krans en dit op die top van die pilare aangebring; verder het hy honderd granaatjies gemaak en aan die kettings bevestig.

Engelska

And he made chains, as in the oracle, and put them on the heads of the pillars; and made an hundred pomegranates, and put them on the chains.

Senast uppdaterad: 2012-05-06
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Afrikaans

hy sien die hemel geopend en 'n voorwerp soos 'n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word.

Engelska

And saw heaven opened, and a certain vessel descending unto him, as it had been a great sheet knit at the four corners, and let down to the earth:

Senast uppdaterad: 2012-05-06
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Afrikaans

Toe neem Manóag die bokkie en die spysoffer en offer dit op die rots aan die HERE terwyl Hy wonderbaarlik handel voor die oë van Manóag en sy vrou:

Engelska

So Manoah took a kid with a meat offering, and offered it upon a rock unto the LORD: and the angel did wondrously; and Manoah and his wife looked on.

Senast uppdaterad: 2012-05-06
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Afrikaans

Kyk, die nasies is soos 'n druppel aan die emmer, en soos 'n stoffie aan die weegskaal word hulle gereken. Kyk, Hy hef die eilande op soos 'n stoffie!

Engelska

Behold, the nations are as a drop of a bucket, and are counted as the small dust of the balance: behold, he taketh up the isles as a very little thing.

Senast uppdaterad: 2012-05-06
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Afrikaans

Slaan jou oë op na die kaal heuwels en kyk! Waar is jy nie onteer nie? Aan die paaie het jy vir hulle klaar gesit soos 'n Arabier in die woestyn, en jy het die land ontheilig deur jou hoererye en deur jou boosheid.

Engelska

Lift up thine eyes unto the high places, and see where thou hast not been lien with. In the ways hast thou sat for them, as the Arabian in the wilderness; and thou hast polluted the land with thy whoredoms and with thy wickedness.

Senast uppdaterad: 2012-05-06
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Afrikaans

Want wie weet wat goed is vir die mens in die lewe gedurende die getal dae van sy nietige lewe wat hy soos 'n skaduwee deurbring? Want wie kan aan die mens bekend maak wat ná hom sal wees onder die son?

Engelska

For who knoweth what is good for man in this life, all the days of his vain life which he spendeth as a shadow? for who can tell a man what shall be after him under the sun?

Senast uppdaterad: 2012-05-06
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Afrikaans

Dit is soos 'n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak.

Engelska

For the Son of man is as a man taking a far journey, who left his house, and gave authority to his servants, and to every man his work, and commanded the porter to watch.

Senast uppdaterad: 2012-05-06
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Afrikaans

Roep uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos 'n basuin! En verkondig aan my volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes.

Engelska

Cry aloud, spare not, lift up thy voice like a trumpet, and shew my people their transgression, and the house of Jacob their sins.

Senast uppdaterad: 2012-05-06
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Afrikaans

Dit was die opskrif van alle skool opstelle in die eerste week van ‘n nuwe kwartaal. ‘n Ramp vir die wat nêrens was nie en ‘n frustrasie vir die wat te veel nuwe plekke moes spel of beskryf. “En toe gaan ons see toe…. en toe kry ons presente… en toe … – arme juffrou! Ek lag dus (senuagtig) vir my selfopgelegde taak om dit as blog titel te kies! Kersfees op Strandfontein aan die Weskus is tradisie en buiten daai een jaar toe chemo ingemeng het, is dit al wat ons ken. Vanjaar het kleinsus egter bepaal dat almal Kaap toe moet kom vir Amelia se doop en ‘n familie Kersfees wat ongetwyfeld nie gou weer moontlik sal wees nie. Ons kies verblyf op Melkbosstrand met steeds ‘n ordentlike seeuitsig en organiseer die koekblikke, padkos, geskenke, uitrustings vir familiefotosessies, leesboeke, kersversierings en alles wat ons dink ons buitengewone Kersfees nodig gaan hê. En so ontvou een van die volste, mooiste, lekkerste en mees spesiale vakansies ooit! Met nuwe roetes en opsies tot ons beskikking verken ons te lekker. Die naambordjies vermaak ons – Opraap, Oorbietjiesfontein, Daggafontein. Ons geniet Die Groot Gat by Kimberley, vat die kinders bo-op beeldskone Tafelberg, ry Chapmans Peak pas, eet die beste vis en calamari in Houtbaai en sommer weer in die Waterfront, drentel deur elke snuistery winkeltjie in Franschoek en neem ‘n oordosis aarbeie en sjokolade in. Ons neem alles wat snaaks of oud is af in Stellenbosch. Ons ry Tobogan by ‘n heuwel af, sing Stille Nag saam met my hele familie dat die trane loop, eet ontbyt op ‘n wynplaas en lees, speel en stap op die strand tot ons vol en tevrede voel. Ons kuier saam met vriende en familie wat ons lanklaas gesien het. Ons smul aan Ma se Kerskos en Pa se Koekenaap tjoppies en roosterkoeke afgespoel met baie Vredendal vonkelwyn. Ons peetdogter steel ons harte van die eerste ontmoeting af en die hele gesin is smoorverlief. Ons verwonder ons aan die wonder van kindwees, die geskenk van Kersfees en die koestering en samesyn van familie. Ons neem honderde fotos om elke besondere detail te onthou. In Bloemfontein slaap ons in ‘n Air B&B met die fynste Franse dekor. Ons eet selfs uit Noritake en geniet dit terdeë om vir langer as 90 sekondes te stort soos die Kaap se waternood bepaal. Tuis word die vakansie voortgesit met dieselfde ywer: fliek, bordspeletjies, swem, slaap en saam kosmaak. Ek weet ek het nie baie jare voordat my seuns nie meer knus en vredig sal kom inkruip en my bewonder vir my vermaaklikheid nie. Terwyl ek Liewe Heksie en Trompie voorlees met die nodige stemmetjies en intonasie, besef ek hoe vlietend hierdie kosbare flikkeringe van geluk is. Soos ‘n weerligstraal of ‘n vuurwerk wat die donkerte vir ‘n pragtige oomblik verlig. “Happiness should be banked while the sailing is smooth” skryf Gretchen Rubin. Dis die tipe herinneringe wat ons moet bymekaarmaak en bêre vir wanneer die see rof en die nag swart raak. My wens vir 2018 is heelwat sulke oomblikke van lig en skoonheid. Maak dit, soek dit, wees dit.

Engelska

This was the headline of all school essays in the first week of a new term. A disaster for those who were nowhere and a frustration for those who had to spell or describe too many new places. “And then we went to the sea…. and then we got presents ... and then ... - poor teacher! So I laugh (nervously) for my self-imposed task of choosing it as a blog title! Christmas at Strandfontein on the West Coast is tradition and apart from that one year when chemo interfered, it is all we know. This year

Senast uppdaterad: 2019-11-20
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Referens: Anonym
Varning: Innehåller osynlig HTML-formatering

Afrikaans

Agter ‘n baard. Hennie Aucamp Toe die troepetrein die stasie binnekom, is Marina een van die baie meisies en vroue wat hul mans met vreugde inwag, maar die kameras soek haar uit omdat sy - 'n paar maande swanger, en met 'n netjiese seuntjie aan haar hand - groter simboolwaarde het as die ander. En natuurlik is sy nog mooi ook. Die seuntjie bevestig haar skoonheid, want hy het haar witblonde hare, 'n welige dos tot oor die ore, maar versorg, en hy het dieselfde intense oë, alikruikblou, of amper. Dis sy paar oë, nie hare nie, wat die man agter die baard herken: “Pappa! Pappa!” Deon steek sy bruin hande onder die warm okseltjies in en hou sy seun soos 'n trofee in die lug. Dan bring hy die kind se gesig met heftigheid tot teen syne, en soen dit wild op die voorkop, wange en neus. “Eina,” kla die kind, “eina, jou baard maak seer.” Marina kyk toe, maar sonder die teerheid wat die oomblik voorskryf. “Ek herken jou skaars,” verwyt sy hom. “Ag,” sê hy, “in die bos, weet jy ...” “Natuurlik,” gee sy gretig toe, en reik op na hom - haar buik warm teen sy uniform. Hy kyk weer na die seuntjie; streel jaloers oor die blonde hare wat byna elektries gloei in 'n streep sonlig. “Die eerste ding wat ek gaan doen,” sê hy met die nadruklikheid van een wat teenstand verwag, “is om my hare te laat uitgroei.” “Ja, ja,” sê Marina, “en jou baard af te skeer.” “Ja, ons sal sien,” antwoord hy vaag. “Nee, maar jy meet,” sê sy 'n iets te ernstig, “dis asof jy ons van agter 'n bos beloer.” Sy probeer die kind se medewerking kry: “Né, Bennie?” Maar Bennie sê niks nie. “Ek het gewerk aan die baard,” probeer Deon skerts, “daar sit opoffering agter die groei¬sel.” “Nou het jy dit gesê,” reageer Marina vinnig. “Dis 'n slordige baard, skat, so boskasierig.” “Ek weet; en ek weet ook van die brak kolle waar niks wil vat nie, al het ek al die boererate geprobeer.” Hy lag verleë: “juis daarom is ek lief daarvoor: oor dit so stief is.” Hulle beweeg saam met talle mense na die uitgang, maar stadig, want die hele stad is daar om die manne van die grens af te verwelkom. Die luidsprekers hou vol, oor en oor: “Ons vir jou, Suid-Afrika.” Marina besef dat hulle nog net oor sy baard gepraat het. “En verder gesond?” vra sy. “Dit leef, dit leef,” sê hy neutraal, en dan met groot hartstog: “Ek is by jou, Marina. En by Bennie.” Hy steek sy hand uit na die seuntjie, maar Bennie deins terug; klou wantrouig aan sy ma se rok. “Nee, Bennaman,” betig Marina hom, “jy smeer my rok vuil, jong.” “Hoe gaan dit met die nuwe een?” Deon fluister by haar oor, sommer uit Ius om haar hare te ruik en sy asem oor haar nek te blaas sodat sy - gepla, maar tog geprikkel - kan beswaar maak: “Ag nee, man, daar's 'n tyd vir alles.” Die keer sê sy niks nie; verduur die ritueel, maar vryf daarna oor haar nek. “O,” sê sy na 'n rukkie, “omtrent die aanstaande: nie so goed soos destyds met Bennie nie. Sal wel spanning wees.” By die motor vra sy: “Wil jy bestuur?” Deon wens hy kan terugsit teen die kussing, sy seun op sy skoot. Maar juis die seun wil dit anders hê; sy hele houding en oë eis om bewyse van gesag. Deon hou sy hand uit vir die sleu¬tel. “Dit gaan 'n vreeslike deurmekaar ete wees,” giggel Marina. “Ek het al jou gunstelinge pro¬beer maak.” “Boontjiebredie?” pleit Deon. Marina lag geheimsinnig. “En slaphakskeentjies?” “Slaphakskeentjies, slaphakskeentjies,” skree die kind, en toe hy nie genoeg aandag kry nie, nog nadrukliker: “Slap-hak-skeentjies!” “Van een ding is ek darem seker,” glimlag Deon, en hy knipoog vir Bennie. Bennie druk met sy vinger teen sy pa se neus. “Moenie vir Pappa hinder wanneer hy bestuur nie,” vermaan Marina, maar Deon sê met 'n halwe bewing in sy stem: “Laat hom vat, Marina, en jy ook. As jy weet hoe ek hierna uitgesien het: dat julle aan my vat - en ek aan julle.” Tuis onttrek Deon hom aan Marina en Bennie. “Ek sal niks waardeer voor ek my nie gereinig het nie, soos die Bybel sê. Marina hoor hoe hy hom insluit in die badkamer, maar voel nie geaf¬fronteerd nie: Deon se badkameruur is altyd syeie. In elk geval het sy dinge om na om te sien: die ete; vars blomme vir die tafel; Bennie se ete. lets bly haar kwel: die baard. Dis asof sy nie heeltemal tot Deon kan deurdring nie. Nuanses van kwetsbaarheid en teerheid bly verskole agter sy baard; deel van sy nuwe ervarings ook. En sy het 'n reg op sy belewenisse, want hoe anders kan sy hom troos? Sy briewe was so weinigseggend. Daar was die “liewes”, van aanhef tot slot, of die onver¬wagte poësie van: “Jou Iyf is my sekuriteit”; maar van oorlog het hy niks gerep nie. Instruksies, neem sy aan: “Moenie paniek saai nie.” 'n Paar van sy onskuldige briewe is selfs gesensureer. Bennie begin vaak word; knies oor sy bord kos: “Wanneer kom Pappa?” Sy is self haastig, want sy hoop dat die “reiniging” volkome gaan wees: 'n Deon sonder baard. Nooit, vandat sy hom ken, het hy ooit 'n baard of snor probeer kweek nie. Hy is nie die tipe nie; kwetsbaar, gevoelig, maar óóp - dis sy styl. Die baard kleef nog aan hom toe hy uit die badkamer kom; doen afbreuk aan die vars reuk wat hy saambring. Marina pruil: “Ek dog ek gaan jou van aangesig tot aangesig sien.” “Hou nou op, Marina,” sê hy skerp. “Jy klink asof ek jou op die een of ander manier wil bedrieg.” As vroulike strategie dan nie help nie, moet sy nugter te werk gaan: “Skat, dis net of jy 'n masker dra. Ek wil elke roering in jou gesig sien, elke spiertrekkie.” Hy vat afgetrokke aan die kind; stap buitentoe. Deur die venster sien sy hom oor 'n roosstruik buig. “Wat dink hy op hierdie oomblik?” vra sy haarself ergerlik af. “Hy het 'n onbillike voordeel bo my: ek Iyk my swakheid; hy nie.” Sy neem Bennie badkamer toe, help hom om homself te was. Toe hy klaar is, gaan soek sy na Deon, maar hy sit al klaar by die kind se bed en wag. Bennie spook teen die vaak. “'n Storie,” soebat hy, “van bosape en ter ... ter...” Deon help hom nie. “Terroriste,” sê Marina van die deur af. “Maar nie vanaand nie; jy sal nagmerries kry.” Sy steek die kerse op die feestafel aan. Deon se stem klink baie ver. 'n Keer of wat lag Bennie alleen; dan lag hulle saam. Toe sy wyn uit die koelkas haal, sien sy 'n bottel brandewyn en 'n glas op die kombuistafel, en frons, want daar is drie, vier stywe doppe geskink uit 'n bottel wat so pas oopgemaak is. Sy ruk van die skrik toe Deon agter haar praat: “Moenie bang wees nie, skat, daar is geen gevaar nie. Maar vanaand moes ek.” “Natuurlik,” sê sy, “natuurlik,” en leun terug. Twee sterk arms ontvang en omsluit haar, 'n baard kriewel teen haar nek, 'n brandewynasem kom oor haar skouer. “Slaap hy?” vra Marina. “Die dag was te vol vir hom.” “Vir my ook,” sê Deon. “Net na ete moet ons bed toe.” Marina voel bedreig en bedruk. Deon het reg op haar, selfs nou, met haar groot Iyf; hy was weg en het swaar gekry en was alleen; sekerlik mag hy troos vra. Maar dis Deon met sy oop gesig wat sy by haar wil hê, en nie 'n bebaarde man wat na drank ruik nie. “Die struike het mooi aangekom,” sê Deon aan tafel, en skink vir hulle wyn. “'n Wonder," sê sy, “veral as jy aan die wind dink. Die suidoos het vier sonneblomme nek omgedraai, net so.” Deon kyk verskrik op, maar sy uitdrukking verdwyn gou in sy baard. “Nog bredie?” Dean skud sy kop. “'n Mens verleer om te eet. Later eet jy of jy luister; heeltyd luister.” Hy vat aan haar hand. “Maar jou kos is wonderlik.” Hy beur oor die blomme, soen haar skrams. “Ek moet gaan opwas,” sê Marina. “Ek sal help,” bied Dean aan. “Nie vanaand nie,” sê sy. “Lees die koerant, of kyk televisie; ek is netnou by jou.” Deon tel 'n koerant op; kyk na die foto van 'n vermiste grenssoldaat en sê: “Ag-my-Here.” Toe Marina uiteindelik uit die badkamer kom, 'n dun nagrok oar haar vermoeide liggaam, Iê Dean met sy hande agter sy kop. Sy sien die hare in sy oksels, ruik sy vars sweet. En dan kyk sy weer na sy woeste baard. “Jy het mos niks om weg te steek nie, skat: geen swak ken of 'n litteken of wat nie,” praat sy van die spieëltafel af, waar sy room aan haar gesig smeer. “Hou op! Hou op!” skree hy, en gooi die komberse van hom af. Sy vrees dat hy haar te Iyf wil gaan; beroep haar op die kind: “Deon, Bennie sal wakker word en skrik.” Deon draai op sy sy; Iê na die muur en kyk. Eers nadat die lig afgeskakel is, soek hy toena¬dering. Sy hand op haar maag word 'n warm kol wat haar irriteer, maar sy durf hom nie beledig nie. Toe hy nader aan haar kom, al dringender raak, ruik sy weer die brandewyn, maar nog verset sy haar nie. Eers toe hy die bandjie van haar nagrok oor haar skouer rem, sy gesig teen haar arm skuur, praat sy: “Nie vanaand nie, Deon; net nie vanaand nie.” Sy soek na sy hand; druk dit. Na 'n rukkie trek hy sy hand weg, draai terug na die muur. Ten spyte van haar hartseer raak sy gou aan die slaap; slaap so vas dat sy hom nie hoor op¬staan en beweeg nie. Dis sy kyk wat haar wek. Hy staan in die straatlig wat deur die venster val; staan wit en na¬kend - en sonder baard. “Deon!” Sy druk 'n hand teen haar mond, soek met die ander na die bed lamp. Hy kom kniel by haar; Iyk soos 'n nar, met die bleek stroke waar daar baard was. Plek-plek het hy hom raakgeskeer. “Staan op, Deon; staan op, my man.” “Kyk na my,” beveel hy. Sy kyk na die ervarings waarvan sy briewe niks gesê het nie; sidder, en maak haar oë toe. “Kom Iê nou, Deon, asseblief. Jy is baie moeg.” Hy gaan Iê langs haar, maar raak nie aan haar nie. En begin vertel. “Moenie,” smeek sy, “ek wil nie hoor nie.” In 'n stadium Iê sy haar hand oor sy mond. Hy stoot dit ru weg; praat voort. Dis asof die bed van bloed deurtrokke raak - taai en lou, met 'n souterige reuk. Ander reuke kom by: uitskeidings, braaksels, verrottende vlees. Sy probeer orent kom; hy druk haar terug. “Oppas, die kind,” pleit sy. Maar dis hy wat uiteindelik begin huil, verlore en gebroke. Toe Deon lankal rukkerig teen haar slaap, Iê sy nog wakker, en weet nie dat sy haar een hand oop- en toemaak nie, oop en toe.

Engelska

behind a beard Hennie Aucamp

Senast uppdaterad: 2017-01-25
Användningsfrekvens: 2
Kvalitet:

Referens: Takemehome
Varning: Innehåller osynlig HTML-formatering

Afrikaans

opstel oor n dag by die strand ’n Dag op die strand AS JY ooit eendag ’n toewysing ontvang om as ’n sendeling in ’n vreemde land te dien, sal jy vind dat dit vreeslik opwindend is. Soos ’n nuuskierige kindjie met groot oë wonder jy hoe die mense en die omgewing gaan wees en watter ondervindinge in die bediening op jou wag. Toe ek en my vrou gestuur is na Grenada, wat met ’n pragtige kuslyn met sowat 45 strande spog, kon ons nie anders as om te wonder hoe die strande sou wees nie. Ons sou weldra ’n vreugdevolle dag by een van hulle deurbring, maar ons vreugde het meer te doen gehad met mense as met die son en die see. Dit is ’n kort entjie per motor van ons huis in Grenada na Grand Anse-strand—maar hoe pragtig is die natuurskoon tog! Dit is ’n kronkelpad met die skilderagtigste tonele denkbaar. Die heuwels is lowergroen. Om byna elke draai word ons begroet deur berge, reënwoude, watervalle en asemrowende seetonele. Dit is geen wonder dat toeriste van regoor die wêreld hierheen kom nie! Die natuurskoon is so pragtig dat ’n bestuurder moet oppas dat sy aandag nie afgetrek word nie. Die kronkelpaaie is op party plekke so nou dat ’n mens wonder hoe jy by ’n aankomende voertuig sal verbykom sonder om dit te stamp. Ons het by die Konferensie- en Handelsentrum aangekom, wat oorkant Grand Anse-strand geleë is. Kort voor lank het ’n groep van byna 600 Getuies van Jehovah bymekaargekom vir ’n vreugdevolle dag van assosiasie en Bybelonderrig. Dit was ’n baie betekenisvolle dag vir Lesley en Daphne, ’n egpaar in hulle sewentigerjare. Lesley sou gedoop word. Daphne het lank met groot afwagting na hierdie dag uitgesien, want sy is al in 1958 as een van Jehovah se Getuies gedoop. Doop—algehele onderdompeling in water—het groot betekenis vir die Getuies. Dit is ’n stap wat iemand doen wat juiste kennis van Bybelwaarheid ingeneem het en dit in sy of haar lewe toepas. Dit is ’n openbare plegtigheid waartydens ’n persoon aan almal teenwoordig toon dat hy hom aan Jehovah God toegewy het. Ek is gevra om die gehoor toe te spreek om te verduidelik wat die Skrif oor doop sê. Aan die einde van die toespraak het Lesley sowel as twee ander wat ook gedoop sou word, opgestaan. Hy het ’n netjiese wit hemp en ’n das aangehad en het breed geglimlag. Ek het gevra: “Het julle berou oor julle sondes en het julle julle aan Jehovah toegewy om sy wil te doen?” Jy kon hulle opregtheid en toegewydheid in hulle kragtige “Ja!” hoor. Omdat ek Lesley se agtergrond geken het, was dit vir my baie hartroerend. Hy het dekades lank gehuiwer om die Bybel te studeer. Toe het hy en sy vrou ’n ander eiland besoek. Terwyl hulle daar was, het hulle besluit dat elkeen sy eie godsdiensvergaderinge sou bywoon. “Gaan jy na jou kerk, en ek sal na myne gaan”, het Lesley vir Daphne gesê. Lesley het Daphne by die Koninkryksaal afgelaai en na die Anglikaanse kerk in dieselfde buurt gegaan. Ná die kerkdiens het Lesley na die Koninkryksaal teruggegaan om sy vrou te gaan haal. By die saal is hy omring deur liefdevolle, vriendelike mense wat hom hartlik verwelkom het, al het hulle hom nog nooit ontmoet nie. Dit het Lesley diep getref. By sy kerk het niemand ’n woord met hom gepraat nie. “Ek gaan nooit weer terug na daardie kerk toe nie”, het Lesley vir Daphne gesê. “Nie ’n enkele persoon het na my toe gekom nie, nie eers die priester nie. Niemand het my gegroet nie. Ek het ingestap, en ek het uitgestap.” Toe Lesley uitgestap het, het hy vir goed uitgestap. Daarna het Lesley God se Woord ernstig begin studeer. En nou was hy gereed om gedoop te word. Die doopkandidate het strand toe geloop, en ons is agterna. Aangesien die see so naby was, was dit nie nodig om ’n doopbad op te rig, soos by die meeste byeenkomste van Jehovah se Getuies nie. Hier moes ons net oor die pad loop. Grand Anse-strand is ’n pragtige drie kilometer lange strand met wit sand en blou waters wat regdeur die jaar warm is. Toeriste het ons groepie verbaas aangekyk toe hulle ons op die strand sien aankom, mans in hemde en dasse, en vroue in rokke en rompe. Intussen het Lesley ’n T-hemp en ’n kortbroek aangetrek. Stel jou voor hoe Daphne gevoel het toe sy sien dat haar man gedoop word, sowat 50 jaar nadat sy gedoop is! Haar glimlag was so helder soos die middagson. Selfs die toeriste het in ons vreugde gedeel. Hulle het saam hande geklap toe elkeen gedoop is. Blou lug, wit sand en sagte golwe—hierdie strand bring reeds heerlikheid aan sy Skepper. Maar dit was selfs in groter mate die geval toe die drie pasgedooptes uit die water opgekom het. Hulle het ons harte warm laat klop. Die dag was werklik spesiaal. Vir Lesley en Daphne was hierdie dag op die strand die beste dag van hulle lewe.

Engelska

essay about a day at the beach ’n Dag op die strand AS JY ooit eendag ’n toewysing ontvang om as ’n sendeling in ’n vreemde land te dien, sal jy vind dat dit vreeslik opwindend is. Soos ’n nuuskierige kindjie met groot oë wonder jy hoe die mense en die omgewing gaan wees en watter ondervindinge in die bediening op jou wag. Toe ek en my vrou gestuur is na Grenada, wat met ’n pragtige kuslyn met sowat 45 strande spog, kon ons nie anders as om te wonder hoe die strande sou wees nie. Ons sou weldra ’n vreugdevolle dag by een van hulle deurbring, maar ons vreugde het meer te doen gehad met mense as met die son en die see. Dit is ’n kort entjie per motor van ons huis in Grenada na Grand Anse-strand—maar hoe pragtig is die natuurskoon tog! Dit is ’n kronkelpad met die skilderagtigste tonele denkbaar. Die heuwels is lowergroen. Om byna elke draai word ons begroet deur berge, reënwoude, watervalle en asemrowende seetonele. Dit is geen wonder dat toeriste van regoor die wêreld hierheen kom nie! Die natuurskoon is so pragtig dat ’n bestuurder moet oppas dat sy aandag nie afgetrek word nie. Die kronkelpaaie is op party plekke so nou dat ’n mens wonder hoe jy by ’n aankomende voertuig sal verbykom sonder om dit te stamp. Ons het by die Konferensie- en Handelsentrum aangekom, wat oorkant Grand Anse-strand geleë is. Kort voor lank het ’n groep van byna 600 Getuies van Jehovah bymekaargekom vir ’n vreugdevolle dag van assosiasie en Bybelonderrig. Dit was ’n baie betekenisvolle dag vir Lesley en Daphne, ’n egpaar in hulle sewentigerjare. Lesley sou gedoop word. Daphne het lank met groot afwagting na hierdie dag uitgesien, want sy is al in 1958 as een van Jehovah se Getuies gedoop. Doop—algehele onderdompeling in water—het groot betekenis vir die Getuies. Dit is ’n stap wat iemand doen wat juiste kennis van Bybelwaarheid ingeneem het en dit in sy of haar lewe toepas. Dit is ’n openbare plegtigheid waartydens ’n persoon aan almal teenwoordig toon dat hy hom aan Jehovah God toegewy het. Ek is gevra om die gehoor toe te spreek om te verduidelik wat die Skrif oor doop sê. Aan die einde van die toespraak het Lesley sowel as twee ander wat ook gedoop sou word, opgestaan. Hy het ’n netjiese wit hemp en ’n das aangehad en het breed geglimlag. Ek het gevra: “Het julle berou oor julle sondes en het julle julle aan Jehovah toegewy om sy wil te doen?” Jy kon hulle opregtheid en toegewydheid in hulle kragtige “Ja!” hoor. Omdat ek Lesley se agtergrond geken het, was dit vir my baie hartroerend. Hy het dekades lank gehuiwer om die Bybel te studeer. Toe het hy en sy vrou ’n ander eiland besoek. Terwyl hulle daar was, het hulle besluit dat elkeen sy eie godsdiensvergaderinge sou bywoon. “Gaan jy na jou kerk, en ek sal na myne gaan”, het Lesley vir Daphne gesê. Lesley het Daphne by die Koninkryksaal afgelaai en na die Anglikaanse kerk in dieselfde buurt gegaan. Ná die kerkdiens het Lesley na die Koninkryksaal teruggegaan om sy vrou te gaan haal. By die saal is hy omring deur liefdevolle, vriendelike mense wat hom hartlik verwelkom het, al het hulle hom nog nooit ontmoet nie. Dit het Lesley diep getref. By sy kerk het niemand ’n woord met hom gepraat nie. “Ek gaan nooit weer terug na daardie kerk toe nie”, het Lesley vir Daphne gesê. “Nie ’n enkele persoon het na my toe gekom nie, nie eers die priester nie. Niemand het my gegroet nie. Ek het ingestap, en ek het uitgestap.” Toe Lesley uitgestap het, het hy vir goed uitgestap. Daarna het Lesley God se Woord ernstig begin studeer. En nou was hy gereed om gedoop te word. Die doopkandidate het strand toe geloop, en ons is agterna. Aangesien die see so naby was, was dit nie nodig om ’n doopbad op te rig, soos by die meeste byeenkomste van Jehovah se Getuies nie. Hier moes ons net oor die pad loop. Grand Anse-strand is ’n pragtige drie kilometer lange strand met wit sand en blou waters wat regdeur die jaar warm is. Toeriste het ons groepie verbaas aangekyk toe hulle ons op die strand sien aankom, mans in hemde en dasse, en vroue in rokke en rompe. Intussen het Lesley ’n T-hemp en ’n kortbroek aangetrek. Stel jou voor hoe Daphne gevoel het toe sy sien dat haar man gedoop word, sowat 50 jaar nadat sy gedoop is! Haar glimlag was so helder soos die middagson. Selfs die toeriste het in ons vreugde gedeel. Hulle het saam hande geklap toe elkeen gedoop is. Blou lug, wit sand en sagte golwe—hierdie strand bring reeds heerlikheid aan sy Skepper. Maar dit was selfs in groter mate die geval toe die drie pasgedooptes uit die water opgekom het. Hulle het ons harte warm laat klop. Die dag was werklik spesiaal. Vir Lesley en Daphne was hierdie dag op die strand die beste dag van hulle lewe.

Senast uppdaterad: 2015-08-10
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Referens: Anonym

Afrikaans

opstel oor n dag by die strand ’n Dag op die strand AS JY ooit eendag ’n toewysing ontvang om as ’n sendeling in ’n vreemde land te dien, sal jy vind dat dit vreeslik opwindend is. Soos ’n nuuskierige kindjie met groot oë wonder jy hoe die mense en die omgewing gaan wees en watter ondervindinge in die bediening op jou wag. Toe ek en my vrou gestuur is na Grenada, wat met ’n pragtige kuslyn met sowat 45 strande spog, kon ons nie anders as om te wonder hoe die strande sou wees nie. Ons sou weldra ’n vreugdevolle dag by een van hulle deurbring, maar ons vreugde het meer te doen gehad met mense as met die son en die see. Dit is ’n kort entjie per motor van ons huis in Grenada na Grand Anse-strand—maar hoe pragtig is die natuurskoon tog! Dit is ’n kronkelpad met die skilderagtigste tonele denkbaar. Die heuwels is lowergroen. Om byna elke draai word ons begroet deur berge, reënwoude, watervalle en asemrowende seetonele. Dit is geen wonder dat toeriste van regoor die wêreld hierheen kom nie! Die natuurskoon is so pragtig dat ’n bestuurder moet oppas dat sy aandag nie afgetrek word nie. Die kronkelpaaie is op party plekke so nou dat ’n mens wonder hoe jy by ’n aankomende voertuig sal verbykom sonder om dit te stamp. Ons het by die Konferensie- en Handelsentrum aangekom, wat oorkant Grand Anse-strand geleë is. Kort voor lank het ’n groep van byna 600 Getuies van Jehovah bymekaargekom vir ’n vreugdevolle dag van assosiasie en Bybelonderrig. Dit was ’n baie betekenisvolle dag vir Lesley en Daphne, ’n egpaar in hulle sewentigerjare. Lesley sou gedoop word. Daphne het lank met groot afwagting na hierdie dag uitgesien, want sy is al in 1958 as een van Jehovah se Getuies gedoop. Doop—algehele onderdompeling in water—het groot betekenis vir die Getuies. Dit is ’n stap wat iemand doen wat juiste kennis van Bybelwaarheid ingeneem het en dit in sy of haar lewe toepas. Dit is ’n openbare plegtigheid waartydens ’n persoon aan almal teenwoordig toon dat hy hom aan Jehovah God toegewy het. Ek is gevra om die gehoor toe te spreek om te verduidelik wat die Skrif oor doop sê. Aan die einde van die toespraak het Lesley sowel as twee ander wat ook gedoop sou word, opgestaan. Hy het ’n netjiese wit hemp en ’n das aangehad en het breed geglimlag. Ek het gevra: “Het julle berou oor julle sondes en het julle julle aan Jehovah toegewy om sy wil te doen?” Jy kon hulle opregtheid en toegewydheid in hulle kragtige “Ja!” hoor. Omdat ek Lesley se agtergrond geken het, was dit vir my baie hartroerend. Hy het dekades lank gehuiwer om die Bybel te studeer. Toe het hy en sy vrou ’n ander eiland besoek. Terwyl hulle daar was, het hulle besluit dat elkeen sy eie godsdiensvergaderinge sou bywoon. “Gaan jy na jou kerk, en ek sal na myne gaan”, het Lesley vir Daphne gesê. Lesley het Daphne by die Koninkryksaal afgelaai en na die Anglikaanse kerk in dieselfde buurt gegaan. Ná die kerkdiens het Lesley na die Koninkryksaal teruggegaan om sy vrou te gaan haal. By die saal is hy omring deur liefdevolle, vriendelike mense wat hom hartlik verwelkom het, al het hulle hom nog nooit ontmoet nie. Dit het Lesley diep getref. By sy kerk het niemand ’n woord met hom gepraat nie. “Ek gaan nooit weer terug na daardie kerk toe nie”, het Lesley vir Daphne gesê. “Nie ’n enkele persoon het na my toe gekom nie, nie eers die priester nie. Niemand het my gegroet nie. Ek het ingestap, en ek het uitgestap.” Toe Lesley uitgestap het, het hy vir goed uitgestap. Daarna het Lesley God se Woord ernstig begin studeer. En nou was hy gereed om gedoop te word. Die doopkandidate het strand toe geloop, en ons is agterna. Aangesien die see so naby was, was dit nie nodig om ’n doopbad op te rig, soos by die meeste byeenkomste van Jehovah se Getuies nie. Hier moes ons net oor die pad loop. Grand Anse-strand is ’n pragtige drie kilometer lange strand met wit sand en blou waters wat regdeur die jaar warm is. Toeriste het ons groepie verbaas aangekyk toe hulle ons op die strand sien aankom, mans in hemde en dasse, en vroue in rokke en rompe. Intussen het Lesley ’n T-hemp en ’n kortbroek aangetrek. Stel jou voor hoe Daphne gevoel het toe sy sien dat haar man gedoop word, sowat 50 jaar nadat sy gedoop is! Haar glimlag was so helder soos die middagson. Selfs die toeriste het in ons vreugde gedeel. Hulle het saam hande geklap toe elkeen gedoop is. Blou lug, wit sand en sagte golwe—hierdie strand bring reeds heerlikheid aan sy Skepper. Maar dit was selfs in groter mate die geval toe die drie pasgedooptes uit die water opgekom het. Hulle het ons harte warm laat klop. Die dag was werklik spesiaal. Vir Lesley en Daphne was hierdie dag op die strand die beste dag van hulle lewe.

Engelska

essay about a day at the beach

Senast uppdaterad: 2015-08-10
Användningsfrekvens: 1
Kvalitet:

Referens: Anonym

Vissa mänskliga översättningar med låg relevans har dolts.
Visa resultat med låg relevans.

Få en bättre översättning med
4,401,923,520 mänskliga bidrag

Användare ber nu om hjälp:



Vi använder cookies för att förbättra din upplevelse. Genom att fortsätta besöka den här webbplatsen godkänner du vår användning av cookies. Läs mer. OK